See 'info' tab for more details
See 'photos' tab and click on 'gallery' for house photos "Mooi Uitsig" is n pragtige 180 grade see uitsig woning net buitekant Hibberdene. Die huis is 50 meter loopafstand tot by jou eie privaatstrand waar almal lekker kan speel. Vir die meer natuur of fiksheidslefhebbers is dit n goeie 3km strand stap/draffie na Umzumbe hoof strand of 800m na Hibberdene hoof stra
nd. Die huis slaap 10 mense gemaklik. Al die slaapkamers het lugverkoelings in. Daar is n lekker kampvuur "Boma" waar families lekker kan sit en kuier in die maanlug. Moenie van die swembad vergeet nie. Na so lekker dag op die strand, is dit altyd die beste ontspannede tyd om in die swembad te kom le. Die huis besit ook 2 braai areas vir die manne wat hou van braai, een voor op ons lieflike see uitsig dek met n kroeg of as die windjie bietjie waai kan jy die braai geriewe gebruik agter die huis by die "boma". Ander geriewe wat wel beskikbaar is. Hibberdene winkelsentrum is padlangs 1km vir jou daaglikse benodighede en alle kitsbanke ens is beskikbaar. Ons het ook geriewe soos n "Squash" baan in Hibberdene, vir die Duikers is Shelly Beach 40km suid met van jou beste haai duike of Umkomaas 45km noord met jou gewilde pynappelvis ens. In die omgewing is daar ook areas waar die fietsryers bymekaar kom. Dan vir die pappa's wat golf speel het ons n wye keuse van golfbane af of op langs die kus. Vir die Mammas en kinders het ons winkelsentrum, speelparke, Spa's en nog veel meer in n radius van 100 km. Natuurliefhebbers kan ook ons gewilde Oribi Gorge besoek. Die Wille kus met n lieflike Waterpark vir die hele familie is ook naby geleë, Kom geniet n ontspannende vakansie saam met ons.