25/01/2025
Die totstandkoming van die Nasionale Bergkwaggapark in 1937 op ‘n deel van die plaas Babylons Toren naby Cradock, was die eerste groot pogings om die Kaapse Bergsebra van totale uitwissing te red.
Van ‘n skamele 60 in die 1930’s het die Kaapse Bergsebra se getalle toegeneem tot sowat 5 185 (volgens WWF Okt'24) vandag.
Een van hulle grootste bedreigings, inteling.
Beide die bontkwagga en Hartmann se sebra kan met Kaapse Bergsebra paar. Vulletjies wat uit die Kaapse-Bergsebra-Hartmann-kruising voortspruit sal waarskynlik vrugbaar wees en tot die kontaminasie van beide die Kaapse Bergsebra en Hartmann se genepoel kan lei.
Alhoewel Kaapse-Bergsebra-bontkwagga-vulletjies waarskynlik onvrugbaar sal wees, sal sulke kruisings ’n nadelige impak op voorplantingsgeleenthede vir beide spesies hê. Sebras kan ook met donkies en perde kruisteel.
Hartmann se sebra is nie in ons informasie prentjie nie, hulle is wel na verwant aan die Kaapse Bergsebra en kom meer in Namibia natuurlik voor.
Die Kwagga, Equus quagga quagga, ’n subspesie van die Bontkwagga is die kwagga sepsie wat reeds uitgestef het.