21/05/2021
Struisbaai hawe is ‘n spesiale plekkie van goeie herinneringe en ontmoetings. Vriendskapsbande word gesmee en versterk terwyl oud en jonk die natuurskoon van die Indiese Oseaan geniet. Nie te vêr hier vandaan, letterlik om die draai vanaf die mees suidelikste hawe op die Afrika-kontinent lê L’Agulhas, die plek waar die magtige Atlantiese en Indiese Oseane mekaar ontmoet.
Struisbaai en L’Agulhas is albei baie gewilde vakansie bestemmings veral oor die plattelandse sjarme en karakter van die dorpies en natuurlik van die mense wie daar woon. Teen middel Desember verander hierdie slapende dorpies in besige vakansie bestemmings. Mense stroom van oraloor om hulle jaar af te sluit langs hierdie pragtige kuslyn.
Vir die wie rustigheid verkies bo die gewoel en dalk net wil wegbreek is hierdie twee dorpies perfek deur die res van die jaar. Anders as gedurende Desember voel dit asof jy die hele dorp, see en natuurskoon vir jouself en jou geliefdes het. Dit voel kompleet soos hemel op aarde.
----------------------------------------------------
Struisbaai harbour is a special place of good memories and encounters. Friendships are forged and strengthened while young and old enjoy the scenic beauty of the Indian Ocean. Not too far from here, literally around the corner from the southernmost harbour on the African continent, lies L’Agulhas, the place where the mighty Atlantic and Indian Oceans meet.
Struisbaai and L’Agulhas are both very popular holiday destinations especially because of the rural charm and character of the villages and of course of the people who live there. By mid-December, these sleepy towns turn into busy holiday destinations. People flock from all over to end off their year along this beautiful coastline.
For those who prefer tranquility over the hustle and bustle and who may just want to break away, these two towns are perfect throughout the rest of the year. Unlike during December, it feels like you have the whole town, sea, and scenery for yourself and your loved ones. It feels completely like heaven on earth.
Information and photos by Gurswin Prins