Amalfi Toere

Amalfi Toere Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Amalfi Toere, Travel Company, .

17/12/2024
Sorrento is vir my een van die plekke wat my asem totaal en al weggeblaas het, nie eers weggeslaan het nie. ‘n Aandete o...
15/12/2024

Sorrento is vir my een van die plekke wat my asem totaal en al weggeblaas het, nie eers weggeslaan het nie.

‘n Aandete op die hawe het my alle sin van tyd laat verloor ❤️🇮🇹💫

As jy ooit daarheen kan gaan, moenie die geleentheid mis nie.

Liefde,
Anno

Un saluto da Sorrento a tutti i

06/06/2024

When life gives you lemons 🍋🍋🍋

04/06/2024

🇮🇹❤️🇮🇹

02/06/2024

Om 'n vervulde lewe te lei is om elke oggend wakker te word met 'n simfonie van lewendige kleure, waar elke noot en kleur die skoonheid van die bestaan ​​besing.

Dis om elke oomblik met dankbaarheid te omhels, om vreugde te vind in die klein, alledaagse dingetjies—soos die warmte van 'n geliefde se glimlag, die kalmte van 'n stil oggend, of die opwinding om jou passies na te jaag.

Dit is om diep te voel, vurig lief te hê en onbaatsugtig te gee, met die wete dat elke verbinding, elke glimlag, 'n draad byvoeg tot die tapisserie van jou lewensdoel.

So kom ‘n  bekoorlike tien dae aan die sprokiesmooi Amalfikus van Italië tot ‘n einde.Ek moes myself partykeer knyp om t...
26/05/2024

So kom ‘n bekoorlike tien dae aan die sprokiesmooi Amalfikus van Italië tot ‘n einde.

Ek moes myself partykeer knyp om te besef dis nie ‘n droom wat ons ervaar, ruik, proe en sien nie.

Pragtige nuwe vriendskappe is gevorm en oues met liefde vertroetel❤️

🍋Finché non ci incontreremo di nuovo, Costiera Amalfitana 🍋

🍋 Dag 10: Capri 🍋Vandag spandeer ons op die skilderagtige eiland van Capri in die Tirreense See. Bekend vir sy ruig land...
24/05/2024

🍋 Dag 10: Capri 🍋

Vandag spandeer ons op die skilderagtige eiland van Capri in die Tirreense See.

Bekend vir sy ruig landskap, luukse winkels en asemrowende uitsigte, is dit lank reeds 'n gunstelingbestemming vir kunstenaars, skrywers en bekendes.

Van die ikoniese Blou Grot tot die skilderagtige Anacapri, bied die eiland ‘n mengsel van natuurlike skoonheid en luuksheid.

Capri is 'n tydlose juweel wat die verbeelding aangryp van almal wat dit besoek.

🍋 Dag 9: Amalfi🍋Vandag loop ons “The Path of the Lemons” tussen die dorpies Maiori en Minori en stop op die pad by ‘n su...
23/05/2024

🍋 Dag 9: Amalfi🍋

Vandag loop ons “The Path of the Lemons” tussen die dorpies Maiori en Minori en stop op die pad by ‘n suurlemoenplaas om Limoncello te proe .

Van Minori loop ons padlangs terug na Amalfi en beleef natuurskoon soos in ‘n sprokiesboek.

Ons sluit die dag af met ‘n gesellige aandete in ‘n eg Italiaanse familie restaurant 🍕

🍋Dag 8: Amalfi🍋Vandag kom ons aan in die hoofstad van die Amalfikus: Amalfi. Wat ‘n ongelooflike lekker “local” gevoel 🍋...
22/05/2024

🍋Dag 8: Amalfi🍋

Vandag kom ons aan in die hoofstad van die Amalfikus: Amalfi. Wat ‘n ongelooflike lekker “local” gevoel 🍋🇮🇹🍕

Ons ry bus na Ravello, ‘n dorpie hoog bo in die berge

Villa Cimbrone is 'n historiese en skilderagtige landgoed in Ravello aan die Amalfikus. Bekend vir sy asemrowende uitsigte en welige tuine, is Villa Cimbrone 'n bewys van die streek se ryk kulturele en argitektoniese erfenis.

Villa Rufolo dateer uit die 13de eeu en is oorspronklik deur die ryk Rufolo-familie gebou. Die Rufolos was invloedryke handelaars en grondeienaars wat 'n belangrike rol in die geskiedenis van Ravello gespeel het. Deur die eeue heen het die villa verskeie modifikasies ondergaan, wat verskillende argitektoniese style weerspieël, insluitend Moorse, Gotiese en Normandiese invloede.

🍋 Dag 7: Positano🍋Twee van ons lede het Path of the Gods gaan stap..welgedaan, Bellas 🇮🇹☀️🌿Die res van die groep het ron...
21/05/2024

🍋 Dag 7: Positano🍋

Twee van ons lede het Path of the Gods gaan stap..welgedaan, Bellas 🇮🇹☀️🌿

Die res van die groep het rondgedrentel in die klein straatjies met die mooiste keramiekwinkels en klein, intieme restaurantjies.

Ons het ons tyd in magiese Positano afgesluit met ‘n spesiale aandete.

Ons tyd in die Amalfikus snel verby - ons is vandag oppad na ons laaste bestemming, die dorpie Amalfi.

🍋 Dag 6: Positano🍋Vandag doen ons ‘n privaat boottoer met Bluestar Positano - Private boat tour langs die Amalfikus en s...
20/05/2024

🍋 Dag 6: Positano🍋

Vandag doen ons ‘n privaat boottoer met Bluestar Positano - Private boat tour langs die Amalfikus en stop by Nerano, ‘n klein vissersdorpie vir ‘n eg tradisionele Italiaanse middagete.

Ons swem tussen ‘n klomp pragtige visse in die Tirreense See 🐠🐠

Wat ‘n belewenis om die Amalfikus op so ‘n manier te ervaar!

🍋Dag 5:🍋 Ons kom aan in Positano en dit voel byna of ons in ‘n storieboek lewe - dis prentjiemooi en ons besef van voora...
19/05/2024

🍋Dag 5:🍋

Ons kom aan in Positano en dit voel byna of ons in ‘n storieboek lewe - dis prentjiemooi en ons besef van vooraf hoe bevoorreg ons is om die Amalfikus te kan beleef 🇮🇹

Ons verken die dorpie op ons eie en maak ‘n lekker Italiaanse broodjie vir aandete

🍋Dag 4: Sorrento🍋Vandag het sommige van ons Pompei besoek , terwyl ander gaan draai het by La Masseria Lemoen- olyf- en ...
18/05/2024

🍋Dag 4: Sorrento🍋

Vandag het sommige van ons Pompei besoek , terwyl ander gaan draai het by La Masseria Lemoen- olyf- en wynplaas.

Die res van ons het Sorrento se strande en strandklubs verken.

Vanaand het ons by Ristorante 'O Parrucchiano La Favorita onder die suurlemoenbome gaan eet - ‘n ervaring uit ‘n ander wêreld!

🍋Dag 3: Sorrento🍋Ons ry van Napels na Sorrento en stop by ‘n Limoncello fabriek.Sorrento is asembenemend mooi en majestu...
17/05/2024

🍋Dag 3: Sorrento🍋

Ons ry van Napels na Sorrento en stop by ‘n Limoncello fabriek.

Sorrento is asembenemend mooi en majestueus met ‘n vakansiegevoel wat absolute saligheid oor jou siel laat spoel.

Ons besoek Chiostro de San Francesco en Villa Comunale Tuine en kyk na die sonsondergang by die dromerige Hotel Bellevue Syrene 🍹

Ons sluit die dag af by die utopiese Marina Grande met verruklike seekos 🦀🦞🦑

🍋Dag 2: Napels🍋Ons loop in Via Toledo, een van die bekendste inkopiestrate in Napels, maak ‘n draai in die betowerende t...
15/05/2024

🍋Dag 2: Napels🍋

Ons loop in Via Toledo, een van die bekendste inkopiestrate in Napels, maak ‘n draai in die betowerende treinstasie Toledo, drink koffie in Galleria Umberto en verken Piazza del Plebistico.

Daarna drentel ons in die Lungomare, die straat langs die see en drink ‘n tradisionele Aperol Spritz.

Napels is ‘n LEWENDIGE kleurvolle stad ❤️🍋🇮🇹

🍋Dag 1 -  Napels🍋Ons arriveer in sonnige Napels met sy 2800 jare oue geskiedenis en 'n magdom historiese geboue en monum...
14/05/2024

🍋Dag 1 - Napels🍋

Ons arriveer in sonnige Napels met sy 2800 jare oue geskiedenis en 'n magdom historiese geboue en monumente. Middeleeuse kastele en klassieke ruïnes maak dit ‘n verruklike mengelmoes van kultuur, kos en diversiteit 🇮🇹🍋🍷

Italië, ons kom vir jou 🍋🍋🍋
13/05/2024

Italië, ons kom vir jou 🍋🍋🍋

🍋🍋Life is a combination of magic and La Dolce Vita🍋🍋
02/05/2024

🍋🍋Life is a combination of magic and La Dolce Vita🍋🍋

Address


Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Amalfi Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Shortcuts

  • Address
  • Alerts
  • Videos
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Travel Agency?

Share