20/05/2020
HOORSê
‘DO you think, CAN you think, HAVE YOU EVER thought ?!’, is ou Eyeballs, een van my eertydse LO-dosente se gunsteling vrae (wel, stelling, eerder ?) waaraan ek gereeld herinner word, deesdae. Hallo, watter deel van ‘Dra ‘n Masker’, verstaan jy nie ? OK, die ander helfde van die heelal hum-en-hah oor of dit wel ‘n verskil maak, maar, huh, wat het geword van die ‘precautionary principal’ (as jy nie díe Grieks verstaan nie: ‘Voorsorg- of Voorkomende beginsel’) ? Indien daar twyfel is, DRA die dêm ding (masker). Jy’t dalk nie ‘n saak met jou eie gesondheid nie, maar D**K vir een keer in jou lewe; daar’s Virusdraers wat tientalle ander besmet…en van hulle se dood veroorsaak. Laas toe ek gecheck het is dit, om iemand se dood te veroorsaak, moord…maar jy noem dit seker: ‘ag, maar hulle kan darem op loop gaan met ‘n ding ?!’