Elke plaas is uniek. Dit het sy eie karakter, maniere en giere ! By ons kronkel die Gouritsrivier deur ons grond en wanneer dit lekker reen kom hy sommer gou af; soms net vir 'n paar dae en soms vir weke.
Omdat die werk moet aangaan, moet die manne maar roei na die anderkant. En hul handlangers moet en wil mos saam.
Vanmore het Callie die unieke situasie afgeneem en ek moet bieg : ek kyk die video oor en oor !
Die manne seg net 1 keer : " kom julle"! en dan kom die eerste hond, die 2de en die 3de een, maar die arme 4de hondjie kla nou al erg ! Maar hy swem, so kla-kla. As hy nie swem nie, bly hy agter en wie wil nou agterbly ! Mens kan hom jammer kry, maar wat , soos die Ingelsman se : " what does'nt kill you makes you stronger" !
Ek sien baie van ons mense in die prentjie. Ons kla maar ons hou aan swem as die lewe dit van ons verwag. Dis nie altyd vir ons lekker nie, maar dikwels as ons aan die anderkant uitkom dink ons dit was darem nie te erg nie en dikwels is ons dan 'n " ryker " mens.
Deel met graagte en kom slaap op die plaas . Hier is baie gewone dinge wat jou heerlik sal verras !!!
082 9500 343 vir verblyf of dag uitstappie besprekings
#SouthernCape #farmstay #offthebeatentrack #Albertinia #Herbertsdale #mosselbaydistrict
So word daar " lusernwors " gemaak en gepreserveer vir die koeie in die winter
@ Zanddrift.
Daar is darem baie dinge op 'n plaas te sien en beleef wat mens nie by gewone toeristebestemmings sal raakloop nie !
Zanddrift se veld is geil en groen en die " Boontjiekaroo" is vol in die blom.
Gouritzrivier se waterkuile is vol vir lekker swem en visvang.
Kom geniet die natuur se oorvloed !
Bespreek nou 'n naweek vir 'n gesin van 5
@ R1450per nag !
Of @ R 700 vir 2 persone en R 250 per persoon ekstra
082 950 0343
#farmstay #herbertsdaledistrict #albertiniadistrict #hiking #swimintheriver #4×4 #birdwatching #cycling #stargazing #porchsitting #aloeferox #mosselbaydistrict
Kom ervaar dit....vroegoggend op Zanddrift se stoep...
#farmstay