02/11/2023
By Rosa's is daar werklik aandag gegee aan elke klein detail. Dit laat mens voel asof jy by die huis is. Ons het son panele vir die ligte, wifi en hek gedurende krag onderbrekings. Daar is ekstra kombersies in elke vertrek vir koue dae. Elke venster het gordyne agter gordyne sodat dit alle lig in die aand blok. Daar is speelgoed vir die kinders, 'n heerlike buite-braai, oond vir binne, gas stoof, skottelgoed wasmasjien en pragtige kuns van plaaslike kunstenaars. Ons het nog plek vanaf 23 Des tot 3 Januarie. Vir meer fotos: https://airbnb.com/h/rosasbeachcottage Stuur ons 'n dm as u belangstel om 'n privaat bespreking te doen.