Rev jou Toere

Rev jou Toere Rev jou Toere, 'n Plaaslike toeroperateur is trots Afrikaans en sal jou Suid Afrika wys in jou taal, sonder brieke!

30/08/2024
30/08/2024

Interressant

29/08/2024
29/08/2024

Afrikaans.... Afrika se mensetaal...uit Afrika vir Afrika...

Besprekings oop! Hierdie is 'n baie gewilde toer saam Oktober 2024 se Mooiste Kaap & Wynlande....Navrae WhatsApp 0661708...
29/08/2024

Besprekings oop!
Hierdie is 'n baie gewilde toer saam Oktober 2024 se Mooiste Kaap & Wynlande....

Navrae WhatsApp 0661708448
Epos [email protected]

Dag 9 - Finalé - VeldblommetoerEn so breek ons laaste dag van ons Namakwaland & Weskus Veldblommetoer aan. Met die wind ...
28/08/2024

Dag 9 - Finalé - Veldblommetoer

En so breek ons laaste dag van ons Namakwaland & Weskus Veldblommetoer aan. Met die wind van agter - letterlik en figuurlik - kies ons koers oor Darling en Malmesbury, verby Tulbagh en Wolseley en Worcester tot by Bonnievale.

Ons besoek die Myrtle Riggs klipkerkie en kry sommer so in die verbygaan ietsie te eet by Relish Café...

Met 'n geriefstop by Heidelberg en sommer die laaste keer diesel te gooi in die bus.... is ons "tanks" ook vol van 'n wonderlike toer....vreemdelinge wat vriende geword het, die Crew wat die toer geniet het saam hul gaste ... en so kry elkeen 'n spreekb***t om hul laaste sê te sê...oor dit wat hul tank volgemaak het...

Ons luister...ons leer.... en so groet ons mekaar vir oulaas...

Auf wiedersehen...tot ons weer toer...

Ons dank aan ons Hemelse Vader vir 'n veilige en suksesvolle toer van Rev Jou Toere - toere sonder brieke..in Afrikaans en Engels

Dag 8 - VeldblommetoerDie afsluiting..... vandag is almal vroeg uit die vere en maak ons reg vir die voorlaaste dag van ...
28/08/2024

Dag 8 - Veldblommetoer

Die afsluiting..... vandag is almal vroeg uit die vere en maak ons reg vir die voorlaaste dag van ons Namakwaland & Weskus Veldblommetoer..

Terwyl die dag breek vertrek ons vanaf Elandsbaai verby Verlorenvlei en kuslangs verby Laaiplek en Velddrif tot by Hoedjiesbaai Hotel waar ons almal saam ontbyt nuttig.

Dis hier waar ons Spesialis-gids aansluit om ons meer te vertel van Saldanha en die Vlootbasis reservaat se fauna en flora.

Met meer as 20 jaar se kennis en ervaring wys hy al die spesiale blomme en plante en diertjies uit en draai ons by North End se ligtoring.

Dan mik ons almal saam na die Weskus Nasionale Park waar ons Postberg se blomme gaan kyk en ook die uitsig oor die Saldanha meer beleef.... maar eers n boetedoening van Fanie oor 'n verkeerde roete en word elkeen bederf met 'n Death by Chocolate Magnum roomys - vrygespreek!

Wat 'n voorreg om saam Edwin te kuier en groet ons hom by Windtown Hotel in Langebaan...

Weereens 'n baie goeie aandete saam as toervriende...

Dag 7 - VeldblommetoerMet blydskap geniet die toervriende 'n laat ontbyt  en op 'n rustige manier word tasse gelaai en o...
28/08/2024

Dag 7 - Veldblommetoer

Met blydskap geniet die toervriende 'n laat ontbyt en op 'n rustige manier word tasse gelaai en ontspan elkeen op hul manier.

Die weer is ideaal vir reis want vandag is daar nie baie om te doen nie..

Ons kies koers na Clanwilliam en stop by die bekende Velskoen Padstal vir snuisterye... daarna kom die Blomkerk aan die b***t maar die weer speel nie saam op hierdie openingsdag nie.... ons doen gou inkopies by die winkelse trum terwyl party toermaats die Ou Tronk Museum besoek...

Weens die reën stel ons 'n besoek aan die Ramskop Natuurreservaat af en ritmies ry ons terug na Elandsbaai... en op die ingewing van die oomblik skiet ons deur na Lambertsbaai vir koffie en 'n versnaperinkie...

Vandag teken ons vroeg in en stap ons oor na die Elandsbaai hotel vir aandete...

Lekker vroeg bed toe vir almal.... want die laaste 2 dae gaan weer 'n bietjie vra van ons...

Invaltyd.... weer see toe na Elandsbaai

Dag 6 - VeldblommetoerDie toer neig nou oor na die laaste helfte en is dit vroeg uit die vere en vinnige ontbyt want van...
28/08/2024

Dag 6 - Veldblommetoer

Die toer neig nou oor na die laaste helfte en is dit vroeg uit die vere en vinnige ontbyt want vandag bereik ons die Crescendo van ons toer...die Skilpad Reservaat van die Namakwa Nasionale Park neffens Kammieskroon.

Weer is die grondpaaie maar 'n uitdaging maar helaas . . .die skildery word voltooi met 'n prag vertoon van plate veldblomme soos net Namakwaland dit kan doen.... 'n lekker warm sonskyndag met die kleurvolle blomme wat dans in die briesie en die gesiggies wat die son volg..

Virseker is dit 'n bederfdag vir blommekyk en ondanks net 'n 5km sirkelroete was dit dit moeite werd om die afstand af te lê om vanaand by Letsatsi Lodge in VanRhynsdorp oor te slaap.

Met puik akkommodasie en 'n smaaklike ete met goeie vriende en wyn sê ons dankie vir mekaar want môre begin die tog terugwaarts beweeg...

Dag 5 - VeldblommetoerVanoggend kon almal opstaan sonder om 'n tas te pak en net na 'n vroeë ontbyt vertrek ons na Niewo...
28/08/2024

Dag 5 - Veldblommetoer

Vanoggend kon almal opstaan sonder om 'n tas te pak en net na 'n vroeë ontbyt vertrek ons na Niewoudtville.

Maar die wind waai erg anderkant VanRhynsdorp en op teen die asemrowende VanRhynspas en sak ons gemoed tot in ons skoene dat die wind nou ons dag gaan bederf.

Maar dit breek nie ons "spirit" nie en aanskou ons die ongelooflike Kokerboomwoud op die Gannabosplaas.

Oppad terug doen ons aan by die Niewoudtville Waterval en filosofeer of n waterval sonder water ook 'n waterval is - maar die waterval met water stel nie teleur...

Ons toe grondpad langs al skuddend en stampend tot by Papkuilsfontein Blommeplaas....en ondanks n koue windjie wat ons piekniek maar binnenshuis dwing word ons verras met Oom Willem wat opdaag en saam in die bus ry eers na die Oorlogskloof waterval en toe terug na die bolplant gedeelte van die plaas...

Hierdie bly maar dié ervaring op ons toer elke jaar...almal soek blommetjies en bolplante en neem fotos...dankie Oom Willem en Jaco vir 'n ervaring wat ons siele vul.

Ons groet en al skuddend terug na Melkboomsdrift...vir nog 'n aand se bederfete... en 'n vroeë uitklok.... nag Maters

Dag 4 - VeldblommetoerVanoggend kon ons dit 'n bietjie stadiger vat en ons roetine verander....Na die sleepwa gelaai en ...
28/08/2024

Dag 4 - Veldblommetoer

Vanoggend kon ons dit 'n bietjie stadiger vat en ons roetine verander....

Na die sleepwa gelaai en gehaak is, reis ons na Lambertsbaai waar die groep by Isabellas Restourant op die hawe kon aanklop vir 'n moewiese ontbyt - almal was gaande oor die groot ontbyt/brunch....

Met vol magies is dit terug na Clanwilliam en toe weer Noord tot by Klawer waar ons wegdraai na Melkboomsdrift Gasteplaas.

Maar eers was dit n geriefstop by Trawal waar biltongaanhangers hul voorraad kon aanvul.

En dan ook 'n gereelde stop by Klawer Kelders vir wynproe..

Na ons die sleepwa afgehaak het en almal ingeteken het mik ons see toe verby Papendorp en Strandfontein tot by Fryer's Cove in Doringbaai waar toervriende melkskommel en koffie bestel en waar Marius en Fanie hul gebruiklike Rooibosteetjie geniet.

Toe terug na Melkboomsdrift terwyl ons ons vergaap aan al die water wat in die Olifantsriviervallei gevloei het...

En soos gebruiklik word ons bederf met n driegang aandete uit die boonste rakke... Liesel en haar span is 'n span 1000.

Ons sê nag vir mekaar wetend ons magies is vol en 'n goeie dag is beleef... reg vir die volgende dag se afspraak in Namakwaland en Niewoudtville op soek na juweeltjies...

Nag jul mooi mense!

Dag 3 - Veldblommetoer.Dis Biedouw-dag... die son het vroeg kop uitgesteek maar eers het dis mis oor Clanwilliam uitgesa...
28/08/2024

Dag 3 - Veldblommetoer.

Dis Biedouw-dag... die son het vroeg kop uitgesteek maar eers het dis mis oor Clanwilliam uitgesak.... en ons gedink dis nie ons dag nie.... maar hoe hoër ons die Pakhuispas bestyg besef ons die son gaan nie wegkruip nie.

En alhoewel die blomme 'n bietjie yler is as in 2023 word ons steeds bederf met 'n blommeprag sommer net daar in die eerste deel van die vallei...

Dit was besonders en kon elke toervriend en -vriendin mooi fotos neem en die omgewing en blommetjies inneem.

Na 'n heerlike tyd in die vallei reis ons terug na Clanwilliam verby die Engelsman se Graf en Leipoldt se grafsteen ...

Toe mik ons na Elandsbaai waar ons bederf word met 'n besonderse sonsondergang en ook 'n egte Sandvelderbraai by Vensterklip Restourant met gasvryheid uit die boonste rakke...soos die sand van die see....

Nog 'n besoekpunt.
28/08/2024

Nog 'n besoekpunt.

South Africa's very first desert botanical garden has officially opened in |Ai-|Ais/Richtersveld Transfrontier Park.

Dag 2 VeldblommetoerOns word bederf met sonskyn in Langebaan  en kry dié jaar kans om 'n spesiale tydjie in Jacobsbaai d...
28/08/2024

Dag 2 Veldblommetoer

Ons word bederf met sonskyn in Langebaan en kry dié jaar kans om 'n spesiale tydjie in Jacobsbaai deur te bring waar Nicola ons spesialisgids ons vertel van hoe Jacobsbaai ontstaan het. Ons stap langs Moerie Se Baai af in n veldpaadjie waar sy ons die verskillende blommetjies en ander plante wys.

Toe is dit rigting Noord en 'n besoek aan Bokkomlaan, Velddrif.

Terug na die N7 en sluit ons aan by Piketberg en mik Noord. Oppad al ons Lamspasteitjies bestel by Kardoesiepadstal en ook word ons verras met mooi veldblomme.

Dan die hoogtepunt vir die dag is ons besoek aan 'n Rooibos & Buchu teeplaas waar ons eers die velde besoek en daarna kans kry om die verskillende smake te proe.

Ons sluit die aand af met 'n heerlike aandete by die Clanwilliam Hotel.

21/08/2024
Dag 1 VeldbommetoerVroeg vertrek ons uit George en gesels sommer al vroeg n hond uit 'n bos uit.Wat 'n voorreg om saam e...
19/08/2024

Dag 1 Veldbommetoer

Vroeg vertrek ons uit George en gesels sommer al vroeg n hond uit 'n bos uit.

Wat 'n voorreg om saam elke spesiale toermaat te reis na 'n mosaiek van kleur en ontwerp in die Skepping.

Soos gewoonlik geniet ons ontbyt by Rolandale Padstal by Buffeljagsrivier. En sommer so merk ons n pap band maar was vinnig herstel.

Daarna reis ons deur Swellendam en neem die pad na Robertson, Wolesely en Darling...

Die blommetjies bly maar yl te wees toe ons die Weskus nader met 'n flouerige laatmiddag son..

Wat'n voorreg om weer by Windtown Hotel in Langebaan tuis te gaan en weer 'n regmaak vir 'n geurige en smaaklike aandete..

Dag twee is blomroetes oppad na Clanwilliam

17/08/2024

Ready, steady...Go

2024 Namaqualand & West Coast Wild Flower tour... 18-26 Aug departing from George

Ready, steady...Go2024 Namaqualand & West Coast Wild Flower tour... 18-26 Aug departing from George
17/08/2024

Ready, steady...Go

2024 Namaqualand & West Coast Wild Flower tour... 18-26 Aug departing from George

Dis tyd vir ons Namakwalandse & Weskus Veldblommetoer!18-26 Augustus 2024...Rev Jou Toere.... in Afrikaans & Engels.Toer...
16/08/2024

Dis tyd vir ons Namakwalandse & Weskus Veldblommetoer!
18-26 Augustus 2024...Rev Jou Toere.... in Afrikaans & Engels.
Toere sonder brieke!

Nog 7 dae D.V dan toer ons vanaf George op ons jaarlikse Namakwaland & Weskus Veldblomme-toer!Nostalgie CAFE at Groenklo...
11/08/2024

Nog 7 dae D.V dan toer ons vanaf George op ons jaarlikse Namakwaland & Weskus Veldblomme-toer!
Nostalgie CAFE at Groenkloof George

Indien iemand belangstel om dalk die skou te besoek in Stanford stuur epos na info@revjoutoere.co.za .Ons is besig om 'n...
10/08/2024

Indien iemand belangstel om dalk die skou te besoek in Stanford stuur epos na [email protected] .

Ons is besig om 'n 2 nag/3 dag toer saam te stel wat ook 'n besoek aan 'n wynlandgoed en 'n paar ander besoekpunte . Vertrek vanaf Oudtshoorn, George & Mosselbaai.

Slegs 18 sitplekke beskikbaar. Verdere besonderhede volg.

WhatsApp 0661708448

Ons ondersteun SFM Streek RADIO
10/08/2024

Ons ondersteun SFM Streek RADIO

Pinnacle Point - Mossel Bay
09/08/2024

Pinnacle Point - Mossel Bay

🙏
08/08/2024

🙏

Like and Share!Vertel vir al die 50plussers om saam te toer! Toerprogramme baie noukeurig saamgestel met goeie seleksie ...
08/08/2024

Like and Share!
Vertel vir al die 50plussers om saam te toer!
Toerprogramme baie noukeurig saamgestel met goeie seleksie van akkommodasie en eetplekke asook baie ander interressanthede... ons vertel stories.... met prentjies...

05/08/2024

Address

Mosselbaai
6620

Telephone

+27661708448

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Rev jou Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Rev jou Toere:

Videos

Share

Category


Other Tour Agencies in Mosselbaai

Show All

You may also like