RyQ-C

RyQ-C RyQ-C is gehalte vakansie verblyf op 1ste vloer in Jeffriesbaai. Geen troeteldiere toegelaat.
(2)

Al weer sulke tyd...Kontak ons gerus vir sakpas pryse. Buite seisoen:Per kamer of die hele eenheid per dagBinne seisoen:...
30/10/2024

Al weer sulke tyd...
Kontak ons gerus vir sakpas pryse.

Buite seisoen:
Per kamer of die hele eenheid per dag
Binne seisoen:
Die hele eenheid minimum 7 dae,

Oor langnaweke, minimum 2 dae.

Die eenheid is op die eerste verdieping en word deur middel van trappe bereik.
Daar is drie slaapkamers en twee badkamers.
Kyk gerus ons facebook blad vir foto’s. “What you see is what you get.”
Tot agt persone kan slaap. Ekstra matrasse kan neergesit word vir kinders, sou u dit benodig.
Veilige parkering.
Alarm in eenheid.
Buite braai op die dek.
150 meter vanaf die naaste strand.
200 meter vanaf die gewilde Supertubes surfing.

Ons Kouga-streek bied ‘n wye verskeidenheid wanneer dit by genotvolle doendinge kom. Kouga-streek is slegs 80 km van die Gqeberha (Voorheen Port Elizabeth) geleë.

Hier is net 'n paar idees wat jy dalk tydens jou besoek wil verken.

☀️ 4x4 Roetes
☀️ Visvang
☀️ Lekker eet
☀️ Kampeer
☀️ Gholf
☀️ Stap
☀️ Bergfietsry en roete hardloop
☀️ Visvang handveste
☀️ Ontspanningsport
☀️ Watersport
☀️ Vierwielmotorfietsry
☀️ Perdry
☀️ Wildritte
☀️ Valskermspring

en nog baie meer.

Ons sien uit daarna om van jou te hoor.

Erika
0845138586

22/06/2024
Kom na Jeffriesbaai vir die ‘vibe’!!
17/06/2024

Kom na Jeffriesbaai vir die ‘vibe’!!

World Surf League 2024 J-Bay Classic  …  14 - 23 June 2024 ons maak gereed.
09/06/2024

World Surf League 2024 J-Bay Classic … 14 - 23 June 2024 ons maak gereed.

02/03/2024

𝐖𝐨𝐫𝐥𝐝 𝐒𝐮𝐫𝐟 𝐋𝐞𝐚𝐠𝐮𝐞 𝐀𝐧𝐧𝐨𝐮𝐧𝐜𝐞𝐬 𝐉-𝐁𝐚𝐲 𝐂𝐥𝐚𝐬𝐬𝐢𝐜 𝐒𝐩𝐞𝐜𝐢𝐚𝐥𝐭𝐲 𝐄𝐯𝐞𝐧𝐭 𝐢𝐧 𝐉𝐮𝐧𝐞
𝑻𝑯𝑼𝑹𝑺𝑫𝑨𝒀 𝑭𝑬𝑩𝑹𝑼𝑨𝑹𝒀 29, 2024
𝑩𝒚 𝑻𝒉𝒆 𝑰𝒏𝒆𝒓𝒕𝒊𝒂 - 𝑪𝒐𝒐𝒑𝒆𝒓 𝑮𝒆𝒈𝒂𝒏

The World Surf League has just announced a new specialty event at Jeffrey’s Bay. The WSL J-Bay Classic will be a specialty event featuring a variety of formats, taking place at Supertubes in Jeffreys Bay, South Africa in June.

When the 2024 Championship Tour Schedule was released, Jeffrey’s Bay ended up on the chopping block, with the WSL citing scheduling conflicts with the Olympics as the reason for the omission. Many mourned the loss of an event at the famed right-hand point break. However, the announcement of this new event means that competition will return to J-Bay in 2024.

The J-Bay Classic will feature a hybrid format, where surfers will compete with alternative and high-performance surfboards. The event will also have a special mixed teams division. So far, that’s all we know, but details about the event format, invitees, and schedule will be announced in the coming months.

“Kouga Municipality is buzzing with excitement as it embraces the opportunity to be the host town for the first-ever WSL J-Bay Classic specialty event,” Kouga Municipality Mayor Hattingh Bornman said. “This event not only underscores our status as a surfing haven but also highlights our commitment to fostering international sportsmanship and tourism.”

“Events like these not only contribute to the vibrancy of our community but also play a pivotal role in stimulating economic growth,” continued Bornman. “Beyond the economic benefits, the WSL J-Bay Classic specialty event aligns with Jeffreys Bay’s commitment to promoting sports and outdoor activities. The municipality recognizes the positive influence such events can have on the community, fostering a sense of pride and unity.”

“The WSL is committed to maintaining a world class specialty event at the renowned J-Bay venue of Supertubes during this 2024 Olympic year,” said Graham Stapelberg, WSL Africa Regional President. “We are honored to be working with the local community, the Kouga Municipality, and the Eastern Cape Province to showcase the remarkable waves of Jeffreys Bay. The Eastern Cape region is certainly a favorite, and there is a high level of excitement for this event.”

The event window will open on June 14 and close on June 23, 2024.

Photo: Photo: Beatriz Ryder//World Surf League

Hierdie is geleen en dit is vir almal wat binnekort see toe gaan:Dit is vakansietyd. Dit gaan besig raak. Baie, baie bes...
28/11/2023

Hierdie is geleen en dit is vir almal wat binnekort see toe gaan:

Dit is vakansietyd. Dit gaan besig raak. Baie, baie besig. Gewoonlik is dit grafstil hier om ons, nou gaan die strate met toeriste krioel. Ons “loukals” sorg dat ons reeds ons aankope ensovoorts gedoen het voordat die eerste vakansiegangers opdaag. Daar is gewoon te min straat, te min winkels, te min sypaadjie, te min strand. Te min plek vir die magdom besoekers wat op ons gaan toesak. Moenie ʼn fout maak nie. Ons waardeer die vakansiegangers. Klein kusdorpies soos ons sʼn, is van hulle geld afhanklik. Dit help ons om deur die jaar te kom. Hier is ʼn paar reëls as jy op pad is:

- Sorg dat jou blyplek legit is. Hier is baie mense wat in ʼn karavaan opdaag net om uit te vind dat die staanplek nie bestaan nie. Of met die hele ka’toetie hier arriveer, net om uit te vind dat die manjifieke huis wat hulle teen ʼn sakpasprys bekom het, eintlik aan iemand anders behoort wat dit permanent betrek. Daar is baie skelms daar buite. Mense neem foto’s van eiendomsagentskappe se webwerwe en “verhuur” dan plekkies as vakansie-eiendomme teen enorme deposito’s. As jy twyfel, bel ʼn plaaslike ou om vir jou te gaan kyk. Niks bederf ʼn vakansie soos ʼn blyplek wat nie bestaan nie.
- Bring vleis. Jy gaan jou g*t af betaal vir vleis. Die pryse skiet deur die dak gedurende hoogseisoen. Dieselfde geld vir drank.
- As jy nie plek in die kar het vir kruideniers nie, ry eerder na ʼn groot inkoopsentrum as jy hier kom en byt op jou tande om tussen die massas deur te stoei om jou goedjies te kry. Andersins moet jy bereid wees om die +25-50% premie op gewone pryse in kleiner, meer naby winkels te betaal.
- Moenie drink en bestuur nie. Ons owerhede het ʼn dosyn vinnige BMW’s aangeskaf. Die polisie en die verkeersdepartement oefen al vir weke met padblokkades en mobiele hof-eenhede. Jou turf gaan sit. En die howe maak eers weer ná nuwe jaar oop. Jy gaan in aanhouding bly tot dan.
- Moenie mislik wees met jou waiter, die girl agter die till of die outjie wat parkering aanwys nie. Hulle werk hul feestyd om om jou te bedien. Hulle verpas Kersfees saam met hul families om ʼn geldjie te verdien. Don’t be a doos. Be lekker.
- Wees geduldig. Hier is duisende mense wat gewoonlik nie hier is nie. Dit sit baie druk op winkels, restaurante en toeristeplekke. Hulle is nie altyd só besig nie. Verstaan dit tog? Jy is op vakansie. Fokken relax!
- Dra sunscreen. Selfs al is dit bewolk. Ons is nou in ons warmste maand. Die son looi ʼn ou.
- Maak seker dat jy uitvind waar jou naaste hospitaal is of wie die plaaslike dokter is. Bring ʼn noodhulpkassie saam met allerlei dinge wat jy kan gebruik vir babelaas, bysteke, jellievisbyte en vishoeke deur jou groottoon.
- Fix jou tande voor jy kom. Daar gaan niemand wees wat jou polsende abses gaan wegtower nie.
- Ondersteun die klein outjie. Die klein restaurant. Die koffiewinkel. Die boekwinkel. Die speelgoedwinkel. Die tent met al die kakkies in. Daai mense sien verskriklik daarna uit om julle te bedien en om iets aan julle te verkoop.
- Gaan geniet die natuur. Boek ʼn boot trippie. Ry op die treintjie. Gaan stap in die berge. Wandel langs die lagunes. Vat die pas en gaan kuier in die Klein Karoo. Ry op ʼn volstruis. Gaan verdwaal in die woude.
- Respekteer die see. Hy is nie jou maat nie. Hy is mooi, maar dodelik.
- Los ons diere en plante uit. Die robbe. Die dolfyne. Die goggas en die byters op die strand. Die wilde varkore. Die vuurpyle. Die skilpaaie. Hulle is heeljaar hier. Jy is die besoeker. Hanteer hulle met respek en laat hulle soos jy hulle gevind het. Ons doen.
- Ry met ʼn plastieksak in jou kar rond vir jou rommel. Dis vleiland. Enige iets wat jy wegwetter, duik elders in ʼn dier se keelg*t op.
- Wees versigtig. Ten spyte wat almal sê, is hier wel misdaad.

Geniet jou vakansie by ons!

Address


Telephone

+27736051743

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when RyQ-C posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to RyQ-C:

Shortcuts

  • Address
  • Telephone
  • Alerts
  • Contact The Business
  • Claim ownership or report listing
  • Want your business to be the top-listed Travel Agency?

Share