Clanwilliam Toerisme

Clanwilliam Toerisme Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Clanwilliam Toerisme, 34 Main Road, Clanwilliam.

Queens are just a kind of magic. They don't get as much attention as the King proteas, but they are a sight to behold wh...
20/01/2025

Queens are just a kind of magic. They don't get as much attention as the King proteas, but they are a sight to behold when you are lucky enough to encounter them in their natural habitat. Queen proteas (Protea magnifica) are delicate, yet commanding. Known for their striking colours and unique form, they undoubtedly live up to their regal name.
Pics: Johan Smit, Kyla Smit & Alicia Erasmus

Só vier die inwoners van die Rooibos-hoofstad van die wêreld Nasionale Rooibosdag! By die Ou Tronk Museum is die dag beh...
16/01/2025

Só vier die inwoners van die Rooibos-hoofstad van die wêreld Nasionale Rooibosdag! By die Ou Tronk Museum is die dag behoorlik gevier, maar by werksplek, soos Strassbergers Leather Shoes en Rooibos Ltd , en in elke huis is daar rooibos gedrink vandag. Eintlik drink ons hierrond elke dag 'n paar koppies rooibos!

16/01/2025

Louise Nortjé, Chairperson of Clanwilliam Tourism Association, enjoys a well-desrved cup of rooibos. Most of us who live in Clanwilliam, cherish our daily cup of rooibos (or two or three) for its comforting aroma and rich, naturally sweet flavour. This caffeine-free herbal tea not only provides a soothing ritual to start or unwind our day, but it's also packed with antioxidants and health benefits. The vibrant red colour reminds us of cozy moments, whether sipped alone or with friends. Rooibos's versatility allows it to be enjoyed plain or blended with spices, making each cup a delightful experience. It is a simple pleasure that enhances our well-being, one sip at a time.

Wat is dit met 'n vrou en 'n coffee shop? Die skrywer/skryfster, dalk, wil anoniem bly. Haar man/vrou mag haar/hom dalk ...
14/01/2025

Wat is dit met 'n vrou en 'n coffee shop?

Die skrywer/skryfster, dalk, wil anoniem bly. Haar man/vrou mag haar/hom dalk net 'n werkie gee as hy agterkom hoe baie sy rondloop.

Kom ek praat net namens myself. Ek lief 'n coffee shop! Hoekom? Dis die bederf. Die spesiaal voel. Iemand anders het hierdie koppie koffie spesiaal vir my gemaak. Die oomblik is groot as hul die mooiste cappuccino met die wit room-blaartjie voor my neersit of die vuurwarm mokka-koffie met die fynste koekie of, natuurlik, die glas met die dun middeltjie vol koffie-freezo.

En al hierdie lekkertes is beskikbaar hier in Clanwilliam! Dis die lekkerste sit by Thi-Art se kaggel in die twee "kampstoele" of op Velskoendraai se deurmekaar-bont outydse bank en stoele. Of die gevoel by Bean Trea dat jy in 'n straatjie oorsee sit as almal verbystap en groet.

In Clanwilliam se coffee shops ken die kelners al hul klante se bestellings. Hulle weet wie is die amandelmelkdrinkers, wie hulle koffies ekstra warm soek, wie dit sonder kafeïene wil hê en, soms, as 'n klant aspris en dapper voel - met ekstra room, asseblief!! En dit is nog net die drinkdinge, ek is nog nie eers by Bean Tree se Chicken-mayonnaise trammezini nie ... of Thi-Art se wortelkoek of Velskoen se kaaskoek! En dan moet jy nog hulle Tiramisù-koek ook proe!

By coffee shops hou ons vergaderings (selfs ons Burgermeester is lief vir n coffee shop😉😉), ons vier verjaarsdae, ooievaars- en kombuistees, ons deel ons harte met vriendinne. En net soms speel ons saam met die kinders in Velskoendraai se parkie.

So, noem my maar n "rondloper-vrou"😇. Ek weet waarheen om te loop as ek n bederfie soek. Life happens, coffee shops help.

The Clanwilliam and Bulshoek Dams stand as two of Clanwilliam's most significant blessings. These vital water reservoirs...
11/01/2025

The Clanwilliam and Bulshoek Dams stand as two of Clanwilliam's most significant blessings. These vital water reservoirs not only provides essential water supplies for agriculture, but also attract visitors with their stunning scenery, offering recreational activities like skiing, fishing and boating, contributing to the local economy. Their presence nurture the surrounding landscape, allowing vibrant flora and fauna to thrive on their banks.

Wat is jóú nuwejaarsvoornemens? Dis nog nie te laat nie, né? Dis ook nie nodig om 'n klomp geld uit te gee nie. Gee net ...
06/01/2025

Wat is jóú nuwejaarsvoornemens? Dis nog nie te laat nie, né? Dis ook nie nodig om 'n klomp geld uit te gee nie. Gee net 'n bietjie van jou tyd. Oorweeg dalk voornemens om 'n verskil te maak in ons dorp of omgewing. Hier is 'n paar voorstelle:

Wil jy dalk vanjaar 50 sederboompies plant? Gesels dan met Dawie Burger van Sustainable Ceder
Wil jy dalk begin deelneem aan die Velskoendraai parkrun oor 5km elke Saterdagoggend?
Wil jy dalk weer 'n slag die Clanwilliam Museum besoek?
Wil jy dalk help Clanwilliam Wildflower Show bou?
Wil jy dalk help Clanwilliam Expo reël?
Wil jy dalk 'n staptog in die Cederberge aanpak? Hou dan Cederberg ClickClick dop vir opkomende staptogte of doen navraag by Destination Cederberg.
Wil jy dalk 'n handjie bysit om Ramskop Natuurtuin te help mooimaak?

Komaan, raak betrokke! Ons vra net 'n bietjie van jou tyd. Dalk sal jy ook agterkom dis groot pret om betrokke te wees!

Pieter du Toit, een van Clanwilliam Toerisme se bestuurslede, skryf só oor Desember-vakansies: Gedurende die eerste week...
05/01/2025

Pieter du Toit, een van Clanwilliam Toerisme se bestuurslede, skryf só oor Desember-vakansies:

Gedurende die eerste week van Januarie, beplan ek reeds die volgende Desember-vakansie, want al die dinge wat die afgelope Desember nié gewerk het nie, wil 'n mens tog nie herhaal nie.

Weet net dat dit wat ‘n enkeling beplan vir sy of haar vakansie, heel anders lyk in vergelyking met iemand uit 'n familie wat oor geslagte heen byeenkom.

Teen Junie ervaar die beplande, brose "kaartehuis" ‘n paar probleme: stygende lewenskostes, overwagte uitgawes of selfs die afsterf van ‘n vriend of twee.

Skielik sit Jan Tuisbly onooglik wydsbeen op jou stoep. Daar is nog vyf maande oor, maar jy weet na baie jare as jy jou oog knip, is die feestyd met ons.

Jy wil nie ‘n oorlas maak van jouself nie, maar tog is dit ’n tyd van samesyn, rus en weer siens. Jy skraap, soos die afgelope paar jaar, moed bymekaar: ”Is jul tuis? Ek wil kom inloer? Nie vir lank nie.” Mens wil mos ook doen wat vir jou hart goed is voor die "nuwe" jaar begin.

En dit bring my by my vakansies die afgelope paar jaar: 'n subtiele bedevaart na die heuningkorf van "my" vriendskappe. Ek bel my pêlle en reël die opsoek van waardevolle oomblikke met ou en nuwe vriende. Beperk die besoek, probeer lig loop. Ek gee elke dag aandag aan iemand wat vir my saakmaak, kombineer dit met ‘n ongewone lang sit in koffieplekke en boekwinkels, ’n ou bekende stappie of eetplek word weer besoek. Op daardie dae vergeet ek van tyd.

Ons sit langer op die gallerybanke, praat korter, maar dieper: wie weet wie volgende jaar hier gaan wees ... Die afwagting is groot voor die besoek en die afskeid is sonder hartseer, want ons het bevestig ons maak weer so. Die besoek-geskenk is van onskatbare waarde. Kosbaar.

En elke jaar, as ek in Januarie weer sit met die dagboek, raak die Kersvakansie se beplanning makliker, want ek weet nou waar my goud, wierook en mirre vandaan kom.

During the December holidays, enjoying a hike in the Cederberg mountains in warm weather can be a delightful experience....
29/12/2024

During the December holidays, enjoying a hike in the Cederberg mountains in warm weather can be a delightful experience. To help you stay safe and cool while exploring, here are ten useful tips.

1. Dress like an onion: layer up ... but make it breathable! Moisture-wicking shirts are your best friend. We also love draping a light scarf around our shoulders as protection against sunburn.

2. Hydration station: remember, water is your best friend. Keep that hydration level higher than your excitement at the trailhead!

3. Sunscreen: slather it on generously! You want to look like a sun-kissed mermaid, not a crayfish on a summer vacation.

4. Snack attack: bring snacks that won't melt faster than your resolve. Think trail mix, not chocolate.

5. Time your adventure: Hit the trail early morning or late evening. You can thank us later ...

6. Find the shade: Embrace trees like they are your long-lost friends.

7. Know when to say "when": if you start feeling like a pancake on the verge of being flipped, it might be time to head back.

8. Remember your hat: no two ways about that.

9. Sunglasses? Always a good idea.

10. If all else fails: immerse yourself in the refreshing waters of a mountain pool or river.

Happy hiking and may your adventures be as cool as you are!

ALWAYS REMEMBER:
LEAVE NO TRACE.
DO NOT LITTER - PACK IT IN, PACK IT OUT.
NO FIRES ARE ALLOWED IN THE CEDERBERG WILDERNESS.
NO DRONES ARE ALLOWED EITHER.

Dankie!
28/12/2024

Dankie!

BAIE DANKIE!

Aan: Munisipale Bestuurder, amptenare,
cc: Burgemeester & raadslede
Cederberg Local Municipality

Ons wil graag ons opregte dank en waardering uitspreek aan die elektrisiteitspan, alle betrokke rolspelers en munisipale amptenare vir hul onbaatsugtige toewyding en harde werk gedurende die afgelope paar dae. 👏🏼

Nadat die transformer in Clanwilliam uitgebrand het, was die vinnige en effektiewe optrede om kragvoorsiening na die dorp te herstel 'n bewys van julle professionaliteit en deursettingsvermoë. Ons besef dat sulke uitdagings dikwels groot druk en lang ure meebring, en ons waardeer die manier waarop julle die gemeenskap se belange vooropgestel het.

Ons wil ook spesifiek dankie sê vir die gereelde en deursigtige kommunikasie wat aan die inwoners voorsien is. Dit het nie net gehelp om almal op hoogte te hou nie, maar ook vertroue in die hantering van die situasie geskep.

Ons waardeer die waardevolle diens wat julle aan ons gemeenskap lewer en sien uit na voortgesette samewerking.

***Dankie ook aan die gemeenskap wat hierdie situasie met die nodige geduld en begrip hanteer het.

Opregte dank
Clanwilliam Sakekamer & Clanwilliam Toerisme

Hoe lyk julle Kersboom vanjaar?'n Baie rustige, verkwikkende, betekenisvolle, inspirerende en geseënde Kersfees vol dank...
20/12/2024

Hoe lyk julle Kersboom vanjaar?
'n Baie rustige, verkwikkende, betekenisvolle, inspirerende en geseënde Kersfees vol dankbaarheid en genade vir julle almal! Dankie vir elke "like" en share".
Dis die liggies op die Kersboom wat Christene herinner aan die Lig van die wêreld se geboorte, die ornamente wat aan die Kersboom gehang word wat ons herinner aan die lekkerte van geskenke gee en families wat bymekaarkom om Kersbome die tyd van die jaar.
'n Kersboom sê vir ons die jaar is verby, dis tyd om bietjie rustig te raak en na te d**k oor 2024. Wat het die jaar die moeite werd gemaak? Wat het ek reg gedoen? Wat kan ek volgende jaar dalk beter doen? Waarvoor is ek dankbaar?
Hierdie mooi Kersbome staan by Yellow Aloe Gastehuis op Clanwilliam en by Cederberg Wynkelders in die Cederberge. Daar is op die aand van 16 Desember Carols by Candlelight gehou op Dwarsrivier om hierdie een Kersboom.

Together, we can make a difference. Please report any fires in and around the Cederberg.
20/12/2024

Together, we can make a difference. Please report any fires in and around the Cederberg.

Fire season has arrived in the Cederberg and visitors are urged to exercise caution and responsibility in this ecologically sensitive area. The region's unique fynbos vegetation is highly flammable, making it vulnerable to wildfires. Even small sparks from discarded cigarette butts, illegal campfires or gas stoves can escalate into destructive fires, endangering both nature and human safety.

Wildfires in the Cederberg cause long-lasting damage to fragile ecosystems, disrupting plant and animal populations, displacing wildlife and leading to trail closures. Such closures impact conservation efforts and affect local communities and visitors. Recovery efforts after a wildfire often restrict access to the mountains, affecting all users of this valuable landscape.

Beyond ecological destruction, wildfires have significant socio-economic impacts. The tourism industry, reliant on the Cederberg’s natural beauty, faces severe disruptions as fires deter visitors and lead to booking cancellations. Communities dependent on agriculture, tourism or sustainable livelihoods suffer from habitat loss and economic fallout from prolonged closures. Wildfires also threaten the critically endangered Ceder trees (Widdringtonia cedarbergensis), further hindering conservation efforts.

We urge all visitors to refrain from making fires, discarding burning materials or leaving glass behind, as these contribute to fire risks. Prioritizing safe, responsible use of the Cederberg’s wilderness is essential for its protection. There are designated safe fire places (braai sites) available at campsites and chalets, but fires in the mountains are strictly prohibited.  Should you encounter any illegal activities or signs of fire, please report them immediately to CapeNature Cederberg at 082 453 3766 or the West Coast District Municipality at 022 433 8700.
Together, we can safeguard the Cederberg’s unique ecological heritage and preserve its wild beauty for generations to come.

As jy 'n sonaanbidder is, kom Clanwilliam toe! Ons vlug vroegoggend al dam toe, want die sonbesies is vanaf douvoordag o...
18/12/2024

As jy 'n sonaanbidder is, kom Clanwilliam toe! Ons vlug vroegoggend al dam toe, want die sonbesies is vanaf douvoordag oorverdowend luidrugtig, die honde lê lamlyf op die koel teëls, die hoenders lê hardgekookte eiers, die skibote staan tou by die petrolpompe, die spreekwoordelike kraaie gaap lang gape en die meeste van ons het net-net genoeg energie om asem te haal en miskien nog om ons oë te knip. Die mense in Clanwilliam praat nét oor een ding: die hitte. Die groot hitte is weer óp ons en die waaier op topspoed is jou beste vriend.
Die someraanbidders en bootmense onder ons huppel rond in plakkies asof hulle deur sonkrag opgewek word en spot met ons ander, "Ons mag nie oor die winter én die somer kla nie, né? Kies!" Die toeris uit Europa wat in ons een gastehuis bly, d**k sy is in die hemel! Sy sonb(r)aai te lekker in 38 grade in die vol son! Sonder hoed, met 'n sonbril en skamel geklee.
Tolla sou vandag verseker weer verduidelik het, dis so warm hier, omdat daar mos net ogiesdraad tussen Clanwilliam en die hel is.
Als voel net so 'n bietjie meer van 'n kwessie om gedoen te kry - selfs die voel-voel gesoek na die punt van die sellotape om 'n Kersgeskenk toe te draai, laat mens so hittete jou humeur verloor en in 'n ligte sweetjie uitslaan. Dit voel of die duiwel sommer lustiger is as dit so warm is.
As jy nie voor sonop geoefen het nie, is dit hopeloos te laat. Op die Boskloofpad is dit nou net die droë sade wat "blom". Hoe werk dit dan: alles smelt weg in die hittegolf, behalwe die vetjies op die maag?
Weskus Tourism

The local Christmas market in Clanwilliam last night radiated warmth and festivity, with twinkling lights illuminating c...
14/12/2024

The local Christmas market in Clanwilliam last night radiated warmth and festivity, with twinkling lights illuminating charming stalls filled with handmade crafts and seasonal treats. Joyful laughter mingled with the scent of pancakes. Families and friends gathered, sharing stories, choosing books and creating memories amid Xmas carols and cheerful decorations. A sense of community permeated the air, fostering connections among visitors as they embraced the holiday spirit.

Hiring a local guide offers numerous benefits that significantly enhance the travel experience.Local guides have intimat...
10/12/2024

Hiring a local guide offers numerous benefits that significantly enhance the travel experience.

Local guides have intimate knowledge of the area, including its history, culture and hidden gems that many tourists overlook. They share stories and insights that transform a simple visit into an immersive experience, allowing travellers to appreciate the destination on a deeper level. Their expertise helps visitors navigate customs, traditions and language, ensuring respectful interactions with local communities.

Additionally, local guides maximize efficiency during trips. They know the best routes and attractions, helping travellers avoid common pitfalls. By tailoring itineraries to personal interests, they save time and increase opportunities for discovery and enjoyment, providing access to unique activities and locations.

Finally, hiring a local guide supports the local economy and promotes sustainable tourism. A portion of the travel budget remains in the community, supporting livelihoods and cultural preservation. This responsible travel practice benefits both visitors and host communities, ensuring enriching experiences while positively impacting the places explored.

The following local guides are members of the Clanwilliam Tourism Association:
1. Garry Eady, from Destination Cederberg, is a qualified Cultural Site Guide and focuses on small groups of tourists who want to experience the West Coast and the Cederberg. Enquiries: 067-088-6969;
2. Alicia Erasmus, owner of Cederberg Caminis, is a qualified Generic Adventure Site Guide and organises group hikes in the Cederberg. For enquiries about the group hikes in 2025, whatsapp 0794978996.
3. Gert Theron, who lives in Heuningvlei, is a qualified Cultural Site Guide and knows the mountains around Heuningvlei like the palm of his own hand. Enquiries: 063-165-1846;
4. Stephné Murray is a Cultural Site Guide for the Western Cape and she focuses on flower tours along the West Coast. She also does historic walks in Clanwilliam. Enquiries: 084-870-0001.

West Coast Tourism Destination Cederberg Heuningvlei Backpackers Cederberg ClickClick

Small rural towns like Clanwilliam can attract various tourists by leveraging their natural beauty, culture and traditio...
04/12/2024

Small rural towns like Clanwilliam can attract various tourists by leveraging their natural beauty, culture and traditions. Here are tourism types that can thrive in such settings:

1. Agri-Tourism: Visitors can experience farm life through activities like fruit-picking, farm tours and accommodation, promoting local produce and sustainability.

2. Eco-Tourism: Focused on nature preservation, it encourages exploration of the environment through hiking, bird-watching and guided tours, highlighting conservation efforts.

3. Cultural Tourism: Visitors engage with local traditions through festivals, art, and historical sites, fostering appreciation for the area’s heritage.

4. Adventure Tourism: Outdoor activities like hiking, mountain biking, canoeing and rock climbing appeal to thrill-seekers in scenic rural settings.

5. Wellness Tourism: The peaceful environment is ideal for relaxation, offering wellness retreats, yoga and spa treatments to help tourists unplug from urban life.

6. Heritage Tourism: Explore historical aspects through guided tours of landmarks, museums and heritage trails, providing insights into the town's past.

7. Culinary Tourism: Local cuisine and food culture attract food enthusiasts via farm-to-table experiences and cooking classes.

West Coast Way SA

Louise Nortjé skryf:Met blink ogies en baie moed daag ek vanoggend op by die Grid Fitness-storie hier by ons op Clanwill...
01/12/2024

Louise Nortjé skryf:
Met blink ogies en baie moed daag ek vanoggend op by die Grid Fitness-storie hier by ons op Clanwilliam. Almal praat daarvan en aangesien ek mos nou kwansuis fiks is, spring ek ook op die wa.
'n Nuwe fisioterapeut wat hom vroeër vanjaar hier kom vestig het, het die geleentheid vir ons kom skep. So die begin was om met vinnige vingertjies eerste die knoppie op die whatsupp groep se poll te druk. Hulle vat net 10 op 'n slag en as jy snooze, dan mis jy uit.
Ek het nie juis geweet wat om te verwag nie ... geweet daar is gewigte betrokke, maar dis omtrent dit.
Ek is gewapen met n handoekie en waterbottel vir ingeval daar flouval betrokke is. Ons word mooi gewys hoe elke stasie werk en ek gaan staan sommer by die eerste beste plekkie.
Ek begin by die dumbell-storie waar jy met 'n bal-gewig besigheid teen jou bors op en af moet squad. Ek lag vir myself, want ek voel regtig uit plek en heeltemal onhandig. Ek loer maar nie te veel rond om my nie, want daar is girls wat regtig die gewig besigheid verstaan.
Ek ruk en pluk daai toue soos n pro en voel hoe die los velletjies om my bo-arms protesteer. Hulle kan nie vinnig genoeg swaai om by die spoed van my rukbewegings by te hou nie. Dalk spaar ek tog die rekonstruktiewe operasie wat ek beplan as ek al die vetjies afgeskud het ... skud was vandag aan die orde van die dag. Letterlik en figuurlik. Ek gooi rubberballe, doen sit-ups (met baie moeite), push-ups (of so laat ek myself glo), tel gewigte in alle rigtings op, harloop soos n wafferse springbok netbalspeler die bleep, skop, lig, rek, strek, trap en druk vir die vale. So by rondte 3 kan ek nie eens meer my hande bo my kop lig nie wat nog van 'n gewig uitstoot. Ek vroetel maar, skuif my voete reg en verskuif die gewig vir beter vasvat om die 45 sekondes om te kry.
Ek voel sommer heel positief oor die resultate wat daar vir my wag in 2041 (sal dit darem seker maak teen 70). Hulle sê "no pain, no gain" - so ek wag maar geduldig vir die "gain".
Well done, aan die span wat ons lewe weer hier in Clanwilliam kom opkikker het.
Kontak gerus vir Jacques Erasmus, ons nuwe fisioterapeut, by 087-265-4238 vir meer inligting.
EK glo hy gaan môre dalk 'n paar sent uit my maak om die spiere te troos.
Sien julle by die volgende spierbou-kompetisie.😉

Frikkie De Wet van Ben se Huis het vandag sy geskenkbewys van R500 van Marius Nel van De Kelder ontvang. Dis geen wonder...
29/11/2024

Frikkie De Wet van Ben se Huis het vandag sy geskenkbewys van R500 van Marius Nel van De Kelder ontvang. Dis geen wonder die man glimlag so breed nie! Baie geluk met jou wenfoto in ons blomfoto-kompetisie vroeër vanjaar!

Die perfekte ironie speel af as mens die geskiedenis van die swart engel in die vierkant van die Ou Tronk Museum naspeur...
28/11/2024

Die perfekte ironie speel af as mens die geskiedenis van die swart engel in die vierkant van die Ou Tronk Museum naspeur.
Christina Leipoldt, C. Louis Leipoldt se ma, was blykbaar 'n kwaai tante. Met haar regop, trotse gestalte, altyd in swart geklee, was Christina mooi en intelligent, maar sy kon dikwels onverklaarbaar onhoflik optree. Daar was gelukkige tye in die Leipoldts se huis, maar as maniese depressie die oorhand oor haar gekry het, was dit amper onmoontlik om saam met haar te lewe. Sy was opvlieënd en het een Sondagoggend voor kerk Ds. Leipoldt se manel en bef by die venster uit geboender sodat hy in die tuin moes aantrek.
Aan die ander kant, het sy geen steen onaangeroer gelaat om 'n saal gebou te kry waar die vrouens en kinders hulle kerkbedrywighede kon voortsit nie. Dit was haar groot droom om dié saal te bou, 'n droom wat eers na haar dood bewaarheid is. Sy was ook baie ernstig daaroor om vir die minderbevoorregte kinders skool te gee en sy was hewig gekant teen rassisme. Sy was 'n vrou van uiterste liefde en haat. C. Louis Leipoldt self het haar 'n "helleveeg" genoem en het gesê hulle gesin was nie gelukkig nie, want "my ma was mos mal". Leipoldt en sy pa moes eenkeer vir drie dae op die solder wegkruip tot haar woede bedaar het. Haar dogter, Issa, wou nie eens hê haar pa moes langs haar ma begrawe word nie.
Die swart engel is in die Blomkerk se kerkhof opgerig ter ere aan Christina nadat sy aan beri-beri gesterf het. Diewe het dit op 'n keer probeer steel, maar toe hulle agterkom dit is nie koper nie, maar sement, het hulle dit, erg verniel, net so daar gelaat. Die swart engel is in 2015 restoureer en het 'n tuiste gekry in die vierkant van die Ou Tronk Museum. Mens kan net wonder oor die vrou: is dit die beri-beri wat veroorsaak het dat sy maniese depressie gekry het? Sou vandag se medisyne haar lewe - en haar gesin s'n - draagliker gemaak het? Of was sy net bloot 'n selfsugtige, beduiwelde entjie mens? Was dié engel nét swart? Sy was immers die beskermingsengel van die minderbevoorregtes in die dorp, maar dan nou weer soms nié van haar eie gesin nie. Daar is iets wat mens trek na die swart engel in die vierkant en voor ek loop, stap ek weer terug na haar toe om te gaan groet. Om die een of ander onverklaarbare rede kry mens haar só jammer. Is ons almal nie maar tot 'n mindere of meerdere mate swart engele nie?

Address

34 Main Road
Clanwilliam
8135

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Clanwilliam Toerisme posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Clanwilliam Toerisme:

Videos

Share

Clanwilliam Tourism

Welcome to the Clanwilliam, South Africa information pages for visitors. Here you can find accommodation, local restaurants and businesses, outdoor activities, information on our area - the Cederberg Mountains, the West Coast or the annual wild flower splendour of Namaqualand.

Enjoy the beauty and unique character of this part of the Western Cape.

For more information contact Herschil on 027 482 2024 or e-mail [email protected]