Offroad Routes and Tours

Offroad Routes and Tours Freedom, adventure, and travel – a combination that’s hard to beat. We meet extraordinary people and find beauty in Southern Africa.
(5)

At ORT we do guided self-drive trips to interesting places in Southern Africa that have remained preserved as close to the original natural beauty. A 4-wheel drive vehicle that is rigged for camping is an essential tool to reach some of the most beautiful spots. We travel for the pure joy of it and few things beat the sense of freedom when exploring places where only some have dared to venture. Wi

ld camping is part and parcel of how we travel, but for variety, we might stay in a guest house now and then.

12/03/2024

Hel se Pad Pass, a historic route dating back to 1880, offers adventurers a unique journey through the rugged landscape near Vanrhynsdorp. Spanning just 6.6 kilometers, this pass may seem short, but its twists and turns, combined with its rich history, make it a compelling destination for those seeking a memorable driving experience.

Initially designed by Mr. T.W. Bain and subsequently realigned over the years, Hel se Pad Pass showcases the ingenuity of its creators. Its gentle gradients defy the challenge of navig*ting its twists and turns, while the drive offers a thrilling adventure for drivers.

With an altitude variance of 480 meters and an average gradient of 1:14, Hel se Pad Pass presents both scenic beauty and technical difficulty. While a 4x4 vehicle isn't essential, a vehicle with good ground clearance is recommended to navig*te the terrain safely.

Exploring Hel se Pad Pass isn't just about the drive — it's also about the journey back to civilisation once you've reached the bottom. This adds an extra layer of excitement to the experience, making it a true adventure for enthusiasts of gravel roads and scenic routes alike.

Although driving the pass in descending mode is recommended, we have always tackled it the other way around.

14/02/2024

The iconic Ouberg Pass never disappoints ...

Laaste paar dae van ons toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... dankie vir julle saamlees en "saamtoer"...  Sluit gerus by...
11/02/2024

Laaste paar dae van ons toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... dankie vir julle saamlees en "saamtoer"... Sluit gerus by ons aan op die volgende toer na een van die vele mooi afgeleë plekke erens in ons land.

TANKWA BO-KAROO TREKROETE TOER

Kampplekke:
Dag 1: Petervale Guest Farm
Dag 2 & 3: Matjeskloof, Orions Belt Bush Camp
Dag 4 & 5: Eselfontein Gasteplaas
Dag 6: De Mond Camping Site
Dag 7, 8 & 9: De Akker Campsite (Allandale Farm)

DAG 6: De Mond Camping site - Tankwa
Vanaf Eselfontein, loop die pad deur die Ou Posroete, Sutherland, af met die bekende Ouberg pas, deur die Tankwa tot by die oase van De Mond, waar die Doringrivier uit die Cederberge vloei.

Die Ou Posroete is ‘n gesig op sy eie en dit is altyd ‘n belewenis om die roete te ry. Dit neem wel langer om by Sutherland uit te kom, maar dit is net ‘n soveel mooier pad om te ry as die meer direkte roete van Fraserburg na Sutherland. Die pad kronkel deur plaasopstalle, om berge en deur riviertjies en af met passe en daar is letterlik om elke draai iets moois om te sien.

In Sutherland moes ons eers aan ons hongerpyne aandag gee en het by die Boorg*t Restaurant middagete genuttig. Dis nogals ‘n interressante plek met ‘n dekor tema van ou karre en boor masjiene, maar as jy sensitief is vir pryse wat aan die duur kant is, moet jy dalk ‘n ander plek kies om te eet.

Oppad na De Mond het ek natuurlik eers weer papwiel no 3 gekry en het De Mond net-net gemaak, want die band was so gesny dat die "snottis" nie meer die lapwerk wou doen nie. Ek moes toe maar die spaar wiel opsit nadat ons my die kamp gekom het.

De Mond is ‘n groen lafenis in die normaalweg droë Tankwa, en dit was weer pragtig groen met die water van die Doringrivier wat voor ons gekabbel het. Ongelukkig het die goeie reën ook veroorsaak dat die muggies aangeteel het teen dubbel die normale tempo en sodra ons gestop het is getakel deur die vlieënde eskaders muggies. Ons kon amper nie ons monde oopmaak sonder dat een invlieg nie en ons het besluit om eerder die aftog te blaas en vroeg die volgende oggend eerder na ons volgende kamp by De Akker te vertrek.

DAG 7 - 10: De Akker Campsite (Allandale Farm):
Die pad na De Akker loop vanaf De Mond oor Skittery Pas, dan Katbakkiespas tot in die Koue Bokkeveld en dan oor die Middel berg pas in die rigting van Citrusdal.

Op die Allandale plaas draai ‘n mens links op in kloof na die kampplek op groen grasperke en langs ‘n helder waterstroom met ‘n lekker swemg*t. Dit was net wat die dokter bestel het om vir die laaste 3 aande te bly voor ons sou huiswaarts keer. Die ablusie geriewe is eerste klas en die kampplek is baie netjies!

Voorwaar ‘n plek wat ek hoog kan aanbeveel!

Dit is altyd hartseer om huiswaarts te draai, veral na so 'n lekker toer, maar dan is daar weer die vooruitsig om vinnig saam te toer.

Dag 4 & 5 van ons 10 dae toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... res sal volg...TANKWA BO-KAROO TREKROETE TOER Kampplekke:...
06/02/2024

Dag 4 & 5 van ons 10 dae toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... res sal volg...

TANKWA BO-KAROO TREKROETE TOER

Kampplekke:
Dag 1: Petervale Guest Farm
Dag 2 & 3: Matjeskloof, Orions Belt Bush Camp
Dag 4 & 5: Eselfontein Gasteplaas
Dag 6: De Mond Camping Site
Dag 7, 8 & 9: De Akker Campsite (Allandale Farm)

Dag 4&5 - Eselfontein Gasteplaas:

Omdat Pieter hulle nie eintlik kampplekke op die plaas het nie, het ons sommer ons toerwaens langs hulle gastehuis staangemaak en die kombuis en badkamer geriewe van die gastehuis gebruik. Vir die vrouens was dit natuurlik ‘n lekker bederf, want hulle wil mos elke dag stort of bad – hoekom hulle water so kan mors terwyl die aarde se water aan die opraak is, weet nugter alleen - ek sit soms net en wonder of hulle dalk nie net baie vinnig vuil raak nie...😜

Die gastehuis het ‘n lekker braai skerm wat gepak is van bosse (ek kan nie die naam daarvan onthou nie) wat goeie beskutting teen die koue aandwind gee en ‘n geselligge braaiplek vir almal bied.
Nadat ons die aand tot laat gesels, gebraai en nog een storie vertel het tot laatnag toe, het die bittereinders in die bed gekruip sodat ons die volgende oggend deur Pieter op ‘n begeleide toer van die plaas geneem kon word.

9h00 was ons reg en gereed en het in gelid agter die plaas Cruiser van Pieter ingeval en die tweespoor plaas paaie aangepak. Pieter, gewapen met ‘n tweerigting radio en vergesel van sy twee skaaphonde het begin om die Karoo-geheime vir ons stadsjapies uit te lê oor bossies, skaap morfologie, lam persentasies, wol produksie en alles wat ons benodig om suksesvolle Karoo skaapboere te word. Net ingeval ons dalk ged**k het dis ‘n eenvoudige besigheid om ‘n Karoo Boer te wees, is dit gou in die kiem gesmoor en die van ons wat nog romantiese idees gehad het oor ‘n Karoo plasie, het begin somme maak oor hoeveel geld ons binne die eerste paar jaar gaan verloor as ons nie weet wat ons doen nie. Ewenwel, ons het almal verbaas en oopbek gestaan en luister na die kennis wat Pieter so vrygewig gedeel het oor elke tipe bossie, watter tyd van die jaar hy smaaklik is vir ‘n skaap en watter voedingswaarde dit het – ons het self aan sommiges geproe om seker te maak dat dit rerig so galbitter is soos wat hy sê. Ons het na van die klip fossiele van die pre-historiese diere, toe die Karoo nog ‘n moeras was, gekyk en daar was selfs graffiti op ‘n klip uitgekap van iemand se naam wat in 1838 seker gesit en skape oppas het en toe maar so bietje verveeld geraak het en ged**k het dis ‘n goeie idee om so bietjie die klippe te verfraai.

Na middagtete wat uit ‘n lekker worsbraai in die veld bestaan het, is ons geneem na ‘n regte korbeelhuis in die veld wat deur die eertydse trekboere gebou was. Dit is rerig goed gebou as ‘n mens in ag neem dit is net uit klip, modder en ‘n paar boomstompe aanmekaargesit ongeveer 150 jaar gelede.

Oppad terug na die opstal het ek natuurlik eers papwiel nommer 2 gekry en moes vining ‘n paar snotties in die g*t indruk sodat die lug binne bly, voordat Mnr Jagermeister eers ook sy aandeel kom byvoeg het. Terug by die opstal het die res van die geselskap ‘n vinnige middagslapie geniet, want daar was groot planne vir ‘n 'sundowner' op een van Pieter se gunsteling plekke op die plaas.

Almal is agterop die Cruiser gelaai en met die hond wat nie weet wat nou aangaan nie, is ons vort na ‘n karoo koppie, wat my aan een van die Drie Susters (dalk ‘n jonger enetjie) laat d**k het, as ons teiken. Ons het gou besef dat hierdie nie sommer enige paadjie was nie, maar dat dit een van daai Andre de Villiers se lae-bestek, ewenaarslot-aan, byt vas jou tanne en klou vir wat dit werd is situasies is. Sonder dat ons of die bakkie enige permanente skade opgedoen het, het ons uiteindelik ¾ teen die berg op gaan stilstaan (tot die vrouens se verligting), want hiervandaan was dit voetslaan teen die berg op (soos in die ou dae).

Bo gekom, het sommige van ons wat nog nie braaf of fiks genoeg was om die "draadkameel" by die huis op te neem nie (ek vermoed die stywe lycra klere het iets hiermee te doen) eers ‘n paar minute geneem om hulle asems terug te kry voor die uitsig in sy volle glorie kon waardeer word. Wat ‘n gesig met 360 grade! Die nodige vonkelwyn is gebruik en baie fotos is geneem om die geleentheid in tyd vas te vang.

Die aand is weer langs die braai spandeer, en tot my skande het ek die potensiele lekker Karoo chops en die skaaprib verbrand - ek skryf dit toe aan druk, want om vir ‘n Karoo Boer en sy vrou te braai is net te veel vir een man om te hanteer – volgende keer gaan ek hulp inroep.

Ek en Pieter het lekker gesels oor al die ander roetes deur plase in die distrik en verder – ek en hy het onderneem dat ons ‘n roete gaan beplan oor min of meer 6 dae waar ons by verskillende plaasopstalle aangaan en die plaaspaaaie ry wat nie vir die algemene publiek oop is nie.

Die volgende oggend het ons almal baie traag gegroet na die lekker kuier en weer die pad gevat via Sutherland en Ouberg pas na Die Mond in die Tankwa Karoo.

Hou ons blad dop vir die res van die inligting tov die laaste paar aande van 'n baie lekker toer...

Bietjie meer inligting oor ons roete en kampplekke tov dag 1 tot 3 van ons 10 dae toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... ...
02/02/2024

Bietjie meer inligting oor ons roete en kampplekke tov dag 1 tot 3 van ons 10 dae toer deur die Tankwa en Bo-Karoo .... res sal volg...

TANKWA BO-KAROO TREKROETE TOER

Kampplekke:
Dag 1: Petervale Guest Farm
Dag 2 & 3: Matjeskloof, Orions Belt Bush Camp
Dag 4 & 5: Eselfontein Gasteplaas
Dag 6: De Mond Camping Site
Dag 7, 8 & 9: De Akker Campsite (Allandale Farm)

Dag 1: Petervale Guest Farm:
Ons was aangenaam verras met die plek – skoon en lekker groot staanplekke onder dennebome met ‘n groot vuurmaakplek in die middel van die kampplek. Die ablusiegeriewe en storte was netjies en skoon en gee die bosgevoel, omdat dit van planke en hout gemaak is wat die eienaars self op die plaas gesny het.

Daar is fietrypaadjies en ‘n lekker swem dam vir die kinders. Mens kan maklik vir ‘n paar dae hier jou kom tuismaak en ontspan. Ons het net een aand gebly omdat die pad geroep het na die Tankwa en Matjeskloof, waar ons die voertuie so bietjie wou laat proe hoe dit voel om die 4x4 ratte vir ‘n slag te gebruik. Ons het heerlik gebraai en ‘n lekker nagrus gehad voor ons die volgende oggend opgepak en die pad gevat het.

Petervale sal ons defnitief weer sien in die toekoms.

Dag 2 & 3: Matjeskloof Adventure Farm, Orions Belt Bush Camp:
Die pad na Matjeskloof net anderkant Middelpos loop deur die Tankwa en op met die Gannagapas, waarna ‘n lekker rowwerige grondpad uiteindelik by Matjeskloof uitkom. Soos gewoonlik is dit altyd opwindend om deur die Tankwa te ry, want ‘n mens weet net nooit wat dit gaan oplewer nie.

Hierdie keer was ek die gelukkige wenner van ‘n pap wiel en soos gewoonlik, links agter. Na ‘n gespartel om proppe in die band te druk en op te pomp, kon ons ook sommer die deur van die Kolgans regmaak, want die geskud van die sinkplaatpad het die deurknip laat loswikkel – wys jou net wat sinkplaatpad aan ‘n kar kan doen.
Ons is uiteindelik op met die Gannagapas en nadat ons aan die bokant ‘n verversing of twee geniet het is ons vort sodat ons darem nie te laat by ons kampplek kan aankom nie. Ons kon sien dat dit sommer goed gereën het oor die afgelope winter, want die pad was orals verspoel met klipperigge gedeeltes wat orgebly het nadat die bogrond deur die water weggevreet is.

Orions Bush camp was oorgroei met opslaangras na die ongewone goeie reëns en ‘n paar van ons het redelik gegril vir die wurms en ander gediertes wat hulle in die gras tuisgemaak het. Ons het nietemin lekker gekamp. Die volgende dag het ons die waterval besoek en was verbaas oor die hoeveelheid water wat daar moes afgespoel het in die winter, want ons kon sien dat daar orals opdrifsels teen die rotswande was – nogal hoog bo die bodem van die rivier.

A.g.v. die verspoelings en papnat grond kon ons nie by die uitkykpunt uitkom nie, maar dit los weer vir ons iets om na uit te sien as ‘n mens weer die plaas besoek.

Dag 4 tot 10 volg... hou ons blad dop...

25/12/2023
06/12/2023

Sunsets are like music.... for some a beautiful symphony for others something else - but for everyone something special for sure.

This beautiful sunset was on the farm Eselfontein Gasteplaas on our recent Tankwa Bo-Karoo tour in November - absolutely spectacular.

06/12/2023

Every sunset has a story ..... stop what you are doing and enjoy the beauty of it...

Another beautiful sunset on our Tankwa Bo-Karoo tour of November.

06/12/2023

The splendor of a beautiful Karoo sunset...

We had the most amazing sunsets on our Tankwa Bo-Karoo tour in November. Just look at these colors... Sunset nr 1

Dit is lekker as die hele familie saam kan toer en was dit dan ook die geval met ons laaste toer deur die Tankwa en Bo-K...
14/11/2023

Dit is lekker as die hele familie saam kan toer en was dit dan ook die geval met ons laaste toer deur die Tankwa en Bo-Karoo. Ons het selfs 'n 4de verjaarsdag gevier...

Ons jongste toerlid nog, besig om goeie raad te gee aan ons toergids met die omruiling van 'n pap band....

Bietjie geskiedenis oor Fraserburg – een van die mooi klein dorpies wat ons gaan besoek op die TANKWA BO-KAROO PIONEER R...
04/10/2023

Bietjie geskiedenis oor Fraserburg – een van die mooi klein dorpies wat ons gaan besoek op die TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023 nou begin November. Kom ry saam deur die Tankwa en Bo-Karoo en ontdek die mooi wat ons land bied....

Fraserburg is ‘n klein dorpie in die Noord Kaap sowat 5 ure se ry vanaf Kaapstad. Dit is een van die min oorspronklike Karoo dorpies in Suid Afrika wat nog goed bewaar is. Dit is ook die tuiste van die bekende Gansfontein Paleo oppervlak, sowel as die jaarlikse Logan Drama Fees, die oudste drama skoolfees in die land.

Die eerste Europese settlaars het in 1780 in die omgewing hulle tuisgemaak.

Die dorpie is in 1851 gevestig en is vernoem na ‘n Skotse predikant – Dominee Colin Fraser en die eerste ouderling, ‘n ene Meyburg.
Die Poskantoor is in 1858 geopen, die Magistraat se Kantoor in 1859, die Polisie Stasie in 1860 en die tronk in 1861 (gesluit in 1968). Fraserburg het Munisipale status op 6 Junie 1862 verkry.

Die Peperbus is ‘n baie bekende landmerk in Fraserburg. Dit was oorspronklik ontwerp as ‘n kantoor in 1861 en is 8.5m hoog, met een deur en een venster en het vir 150 jaar gedien as die Magistraat se Private Kantoor, die Mark Meester se Kantoor, biblioteek, raadskamer, Skoolraad Kantoor en Stoorkamer.

Daar is verskeie Victoriaanse-era huise in die dorp wat dateer uit ‘n era van toe wol baie hoë pryse gehaal het aan die einde van die 19de eeu en begin 20ste eeu.

Kontak Offroad Routes and Tours vir die volledige reisplan. Laaste toer vir 2023.

03/10/2023

We will be traveling up the beautiful Gannaga Pass during our TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023 tour.

The following from Moutain Passes South Africa describes this beautiful pass the best:

"The Gannaga Pass is a magnificent gravel road ascending 548 meters through the Roggeveld Mountains from the endless plains of the Tankwa Karoo to the high plateaux near Middelpos. The pass does not break any records in terms of altitude, gradient, or length, but it possesses an almost ethereal quality from a combination of graceful curves, raw mountain beauty, and scope of vision that is rarely repeated in other passes.

It contains 45 bends, corners, and curves which include 4 extremely sharp hairpins and another three corners sharper than 90 degrees." - Moutain Passes South Africa (P2250)

We still have some space if you want to join this tour. Contact Offroad Routes and Tours and book today. This will be our last tour for 2023 - not to be missed.

Matjeskloof Orion Belt ... 'n baie spesiale kamp area onder 100 jaar plus peerbome. Een van die spesiale plekke wat ons ...
24/09/2023

Matjeskloof Orion Belt ... 'n baie spesiale kamp area onder 100 jaar plus peerbome.

Een van die spesiale plekke wat ons gaan besoek met ons TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023 toer.

Kontak ons as jy wil saam kom toer. Laaste toer vir 2023.

Assisting the Landcruizer club as marshals at the NSRI Koeberg Open day-2023 fundraiser.
10/09/2023

Assisting the Landcruizer club as marshals at the NSRI Koeberg Open day-2023 fundraiser.

TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023 One of the beautiful camping spots on our trip - Orion Camp at Matjesklo...
10/09/2023

TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023

One of the beautiful camping spots on our trip - Orion Camp at Matjeskloof. Camping under giant pear trees of a 100 plus years ...

We still have a few places available on this tour. Contact us today for more information or to secure your spot. We prefer keeping the group small.

A fantastic read in preparation for our "TANKWA BO-KAROO TREKROETE" 4x4 self-drive tour beginning November.Contact Offro...
30/08/2023

A fantastic read in preparation for our "TANKWA BO-KAROO TREKROETE" 4x4 self-drive tour beginning November.

Contact Offroad Routes and Tours if you want to join this special tour or need more information.

Dates: 3 - 12 November 2023

Cost: R 4,900 / adult sharing (camping)

Thank you Graeme May for this free online magazine, much appreciated.

Great online Magazine about the available here:
👉👉👉 https://www.tankwalife.co.za/
edition on its way.
Thank you Graeme May for this wonderful, free reading pleasure you share with the world.

A little bit more about Graeme, the :
HOW I STARTED TRAVELING THE TANKWA
Many moons ago I was a sales rep in the agricultural sector and I had clients farming in the Tankwa. Traveling between , and along the & R354 every fortnight gave me plenty of time to fall in love with the region. It also gave me the time to witness the changes happening along the routes.

My biggest drawcard to the was a living encyclopedia, my mother-in-law. She was raised in the Tankwa from a very young age and I was honoured to have access to her unique knowledge and insight into what has become my favourite . She lived in the Tankwa circa 1935 and witnessed many of the developments we now find there. She was a wise old soul and could point out things and regale their history without a moment's hesitation.
So, in my own way I think this is sharing her legacy.

Graeme
TANKWA LIFE

WHO, WHAT & WHY...At Offroad Routes and Tours we do guided self-drive trips to interesting places in Southern Africa tha...
30/08/2023

WHO, WHAT & WHY...

At Offroad Routes and Tours we do guided self-drive trips to interesting places in Southern Africa that have remained preserved as close to the original natural beauty. A 4-wheel drive vehicle that is rigged for camping is an essential tool to reach some of the most beautiful spots.

We travel for the pure joy of it and few things beat the sense of freedom when exploring places where only some have dared to venture. We meet extraordinary people and find beauty in Southern Africa.

Wild camping is part and parcel of how we travel, but for variety, we might stay in a guest house now and then.

Freedom, adventure, and travel – a combination that’s hard to beat.

30/08/2023

Met ons volgende toer na die TANKWA en B0-KAROO gaan ons die warm gasvryheid van die Bo-Karoo verken en rondry op die ou roetes wat die trekkers, handelsreisigers en poskoetse van destyds gery het.

Soos gewoonlik gaan ons soveel grondpad as moontlik ry en kamp waar dit moontlik is. Die roete beloof om besonders te wees, want ons gaan ‘n hele paar bergpasse ry in die proses om orals te besoek. Hier is solank 'n lusmaker van 'n paar passe wat ons gaan doen op die roete.

Kom saam en ervaar bietjie van die geskiedenis van die Karoo en gee jouself kans om so bietjie weg te kom van selfone en dinge wat ons so maklik besig hou.

Vir meer inligting tov die toer of om jou plek te bespreek kontak Offroad Routes and Tours.

DATUMS: 3 TOT 12 NOVEMBER. (9 AANDE, 10 DAE)

KOSTE: R 4,900 PER VOLWASSENE WAT DEEL - KAMP (kontak ons vir tariewe vir kinders of enkel tariewe). Slegs beperkte plek.

28/08/2023

TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023

DATUM: 3 – 12 NOVEMBER 2023

KOSTE: R 4,900 per volwassene wat deel (kampering)

Op dag 6 van bostaande toer gaan ons die ikoniese Oubergpas aandurf, oppad na ons volgende bestemming van hierdie spesiale 10 dag toer deur die Tankwa en Bo-Karoo.

Kom saam en ervaar bietjie van die geskiedenis van die Karoo en gee jouself kans om so bietjie weg te kom van selfone en dinge wat ons so maklik besig hou.

Kontak ons vir meer inligting of om jou plek te bespreek.

TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023 Wie sou ooit kon d**k dat in die Karoo daar plase is wat 1800m bo seespi...
23/08/2023

TANKWA BO-KAROO PIONEER ROUTE : 3 – 12 NOV 2023

Wie sou ooit kon d**k dat in die Karoo daar plase is wat 1800m bo seespieël is?

Dis hoekom die die Bo-Karoo so genoem word, want nie net is dit so hoog nie, maar in die winter is dit seker van die koudste plekke in Suid Afrika. Dit is waarom die Bo-Karoo die plek is waar sterrekundiges hulle teleskope bring om na die helder sterrehemel te kyk op ‘n plek wat nog onbesoedel is en helder lig gee. Dit is ook een van die min plekke waar die voetspore wat dinosourusse en ander gediertes van ouds hulle merk gelos in die sagte modder wat eeue gelede die bodem van ‘n moerasagtige meer was en nou versteende klip geraak het.

Ons gaan die warm gasvryheid van die Bo-Karoo verken en rondry op die ou roetes wat die trekkers, handelsreisigers en poskoetse van destyds gery het. Soos gewoonlik gaan ons soveel grondpad as moontlik ry en kamp waar dit moontlik is. Die roete beloof om besonders te wees, want ons gaan ‘n hele paar bergpasse ry in die proses om orals te besoek.

Kom saam met Offroad Routes and Tours en ervaar bietjie van die geskiedenis van die Karoo en gee jouself kans om so bietjie weg te kom van selfone en dinge wat ons so maklik besig hou.

Toerdatums: 3 tot 12 November 2023

Koste: R 4,900 / persoon wat deel (kamp)

Kontak ons vir meer inligting of om jou plek te bespreek.

The final part of our NAMAKWALAND LEKKERTE tour by Offroad Routes and Tours ...After everyone had had enough of playing ...
20/08/2023

The final part of our NAMAKWALAND LEKKERTE tour by Offroad Routes and Tours ...

After everyone had had enough of playing on the dunes at Amam, we moved on to Klein Pella to relax there at their camp and guest house.

Klein Pella also has two bush camps up the Orange River - Sandy Bay was our destination for two nights to lazily fish along the river and to generally do as little as possible. It is a large camp with plenty of room and a sandy beach into the river.

After two days of relaxing along the river, we ended the tour with our last night's camping at Goegap Reserve near Springbok – what a lovely surprise to find the camp with such neat facilities and beautiful scenery! I can recommend it as a very nice overnight camping stopover in the Springbok area.

The tour was a wonderful adventure for all of us and we saw new places that are hidden away from the tarmac, and I believe the Namaqualand has unleashed a new charm for many of us.

This is a journey that everyone must do at least once in his life and for me personally - annually.

The NAMAKWALAND LEKKERTE tour will be an annual event, planned for August each year.

Follow Offroad Routes and Tours for freedom, adventure, and travel - a combination that's hard to beat.

And the journey continues to Amam ..... Namakwaland Lekkerte Tour by Offroad Routes and ToursWe arranged for Jors Malan ...
19/08/2023

And the journey continues to Amam ..... Namakwaland Lekkerte Tour by Offroad Routes and Tours

We arranged for Jors Malan from Klein Pella, who knows the area well, to meet us at Amam to es**rt us through the dunes and he did it superbly.

Our camp for the evening was between the dunes and under the bright stars as you will only find in the clear Boesmanland sky.

After making camp, we drove to a huge dune for the most beautiful sunset and sundowners you can imagine – it felt completely as if you were looking into eternity over the endless plains. A big thank you goes out to the Mas van Kakamas that kind-heartedly gave us some of their Muskadel and Port wines to enjoy while enjoying the views over the flat expanses before us. Solving the earth's problems is always easier when you have a glass of good wine in your hand.

The next day was a chance to test our sand-driving skills and to play that little bit on the dunes of Amam. As usual, it was great fun and some men enjoyed them properly like young boys. I was very impressed by the Spurwing 4x4 Camper that was built by Maniac 4x4 for me because it handled the dunes with ease and as a touring 4x4, I have not yet met its match when it comes to comfort and build quality.

After everyone had had enough of playing on the dunes, we moved on to Klein Pella to relax there at their camp and guest house.

Video done by Jors Malan to follow...

And the journey continues .... NAMAKWALAND LEKKERTE TOUR From Loeriesfontein we took the gravel road across Kliprand to ...
18/08/2023

And the journey continues .... NAMAKWALAND LEKKERTE TOUR

From Loeriesfontein we took the gravel road across Kliprand to Platbakkies Farm Retreat which is situated on the edge of the Namaqualand and the Bushmanland.

Dawie and Lizelle Burden were our hosts for two days es**rting us on their 4x4 route and showing us the unique rock formations and geography of the area and why the area is so special. Dawie and his partner in crime cooked some delicious boerewors and roosterkoek for us on the open fire in a dry riverbed while the rest of us played a very serious game of jukskei (the first time for most of us).

From Platbakkies we drove through the mountains via the nice old mission town of Leliefontein to Kamieskroon and Springbok to make a few purchases before heading out for our next adventure at Amam Duine. The turn-off to Amam is about 70km from Springbok on the N14, heading towards Pofadder. The g*te where we had to turn left was not locked, but the sign against the g*te read: "Road closed due to flood damage". Still, we drove the road with no signs of flood damage (I figured it was an attempt by the landowners to discourage people from using the road), but the 16 g*tes that had to be opened and closed made for a lot of sports among the group – from people forgetting to wait for the last car to men deep in thought driving away from their "g*tekeepers"!

The rest to follow...

We started our NAMAKWALAND LEKKERTE tour at Katkop Oord/Resort just south of Clanwilliam where the first bushes of yello...
17/08/2023

We started our NAMAKWALAND LEKKERTE tour at Katkop Oord/Resort just south of Clanwilliam where the first bushes of yellow flowers started, after which we drove through Vanrhynsdorp via the Helse Pass to Nieuwoudtville.

Here we found fields and fields of flowers of orange, yellow, white, purple, and blue just where we looked. The plains of the Knersvlakte, past Baghdad Café to Helse Pass produced pink and purple “vygies” in full bloom that made you gasp for breath.

The trail up Helse Pass was a little bit less challenging than we thought and again gave us views over the plains where we could take in the full extent of the flowers.

From here we went via the Waterfall at Nieuwoudtville to Skurweberg Echo Camp at Loeriesfontein to spend the night there.

The next day we were joined by Elna Brand who guided us for a very interesting tour of the Loeriesfontein Fred Turner Windpompmuseum where we gained new insights into how tough and resourceful the pioneers of the Namaqualand must have been in order to create a life for their families in this dry and sometimes harsh country. The event was concluded with a “Trekpad brêkfis” of traditional skuinskoek, cracklings, freshly baked bread, and everything your GP warned you against not to eat.

Address

22 Ruitershoogte Avenue
Durbanville
7550

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Offroad Routes and Tours posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Offroad Routes and Tours:

Videos

Share

Nearby travel agencies


Other Eco Tours in Durbanville

Show All