16/02/2025
Ons kry gaste in alle formate.... die stilles, die wat graag wil gesels, die vrolikes, die wat so lank al gewag het vir hulle vakansie en behoorlik wil vakansie hou, die wat net van hulle sorge wil vergeet en net mens word en kop skoonmaak en dan kry jy ook mense soos Eugene Steyn en sy vroulief Barbra-hulle val sommer in `n heeltemal ander groep!
Nou waarom sal ek so se? Skrywer, digter, filosofeer, `n man wat baie grappe uitd**k op die knip van `n oog -maar diepe mens verseker.
Die tydje wat hulle hier by ons was, was nou regtig interesant (ek kan nie aan `n meer beskrywende woord huidiglik d**k nie)
Hulle het vir ons `n pragtige video gestuur wat hulle van ons plekkie gemaak het, voel regtig bevoorreg dat ons die uitgekorenes is om so iets te ontvang.
Gaan loer gerus ook na hulle Youtube kanaal- Die ergste. Dis nou humor in `n heel ander formaat, kom ons noem dit stoepsit humor(of is dit nou rusbank humor?)😆
Eugene en Barbra-duisende dankies vir die video oor ons plekkie, dit is regtig spesiaal vir ons. Ons waardeer julle en elke iedere gas wat al hier by ons was en nog kom, dit is net `n absolute voorreg en vreugde om almal te ontmoet en julle vakansies spesiaal en besonders te maak