Rest at Leisure
- Home
- South Africa
- Hibiscus Coast
- Rest at Leisure
Minimum van 3 aande is n vereiste. Die perseel bestuurder woon in die eenheid bokant Rest at Leisure.
Address
135 Elie Crescent, Leisure Bay
Hibiscus Coast
4278
Website
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Rest at Leisure posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.
Contact The Business
Send a message to Rest at Leisure:
Shortcuts
Category
Rest At Leisure
Rest at Leisure is 'n selfsorghuis in Leisure Bay aan die Suidkus van KwaZulu-Natal. Dit is perfek vir 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf in 'n veilige en rustige area naby 'n verskeidenheid aktiwiteite en geriewe. Dit is gelee in ‘n Natuur bewarings gebied waar n verskeidenheid van klein wild soorte en voëls gesien kan word.
Hierdie 6-slaper vakansiehuis bestaan uit twee ruim slaapkamers en een badkamer asook n gaste toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer is toegerus met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer is gemeubileer met 'n dubbelbed en enkel stapelbed en drie-kwart bed Beide slaapkamers het skuifdeure wat lei na n plaveisel en braai area. Ons spog ook met ‘n nuwe 4 x 3m Swembad wat vakansie gangers op hulle eie risiko kan geniet.
Die kombuis is enige vrou se droom kombuis: luuks met genoeg pak plek, is ruim en is ten volle toegerus met Mikrogolf oond, 6 plaat Gas stoof en oond, twee yskaste, skottelgoed wasser asook n wasmasjien en tuimel droeer. Die eetarea is oop plan en het 'n tafel en sitplek vir 6 mense binne. Rest at Leisure het 'n sitarea met gerieflike sitplek en 'n TV met Compact DStv. Dit lei na die onderdakbalkon met tafel en stoele vir 6 mense. Die perseel is volledig omhein en het elektriese heining reg rondom die huis en is gekoppel met n reaksie sekuriteit. Elke vertrek is ook toegrus met n dak waaier.
Ons is passievol oor troeteldiere, so jou Klein skoot 4-been kind is ook welkom solank dit vooraf bespreek is. Daar is veilige parkeerplek beskikbaar vir een tot twee motors. Daar is twee braai areas: ‘n Boma styl met oop lug braai en sit area en die ander braai onderdak met n skarms see uitsig sou die weer bietjie olik wees.