geografie en Toerisme onderwyser by Komatipoort akademie

geografie en Toerisme onderwyser by Komatipoort akademie Come and explore God's Wonders....

25/12/2024

♥♥♥

25/12/2024

Ek d**k vandag aan elke mens wat voel dat hulle besig is om onsigbaar te word.

Ek d**k aan elke oumens wat vergeet voel, en ophou wag het om weer onthou te word.

Ek d**k aan elkeen wat hierdie jaar 'n ouer of kind of geliefde of ledemaat uit hulle hart uit moes skeur.

Ek d**k aan elkeen wat voel dat hulle te veel of te min geraak het van die dinge wat vir hulle te belangrik of te onbelangrik geraak het.

Ek d**k aan al die mense wat op gedra is aan die saamdra aan ander mense se swaardra.

Ek d**k aan elkeen wat te veel van hulle self moet bly gee om net aan te bly gaan.

Ek d**k aan elkeen wat binne in hulle nerwe in deurweek is van eensaamheid, en voel dit gaan nooit verander nie.

Ek d**k aan elke mens wat elke liewe dag moet wonder waar more se brood vandaan gaan kom.

Ek d**k aan elke ouer wat nie meer weet hoe om hulle kinders se paaie gelyk te maak nie.

Ek d**k aan broodwinners wat nie meer weet hoe om planne te maak nie.

En ek d**k aan elkeen wat seergeleef is, opgegee is, moeg stilgebly is, moertoe aangehou is, gedaan staande gebly is, en net in jou wese in deur hierdie dae ondapper voel vir bly aangaan in jou glory in.

Ek wil vir jou sê ek steek 'n kers vir jou aan in my hart. En dat ek met hierdie woorde jou swaarkry in die Lig van hierdie sirkel van Hekelwoorde lesers plaas. Ons bid hiermee 'n leërskare engele oor jou, om jou, voor jou, en agter jou in hierdie tyd te waak. En ons plaas jou met hierdie gebed veilig in die sagste holte van die Liewe Vader beskerming en seën.

Weet dat ons ons Lig vir jou sal bly brand, deur al die dae van hierdie kosbare tyd wat so ekstra seer kan voel.

Al kan jy ons nie sien nie vra ek dat jy vir 'n oomblik net stil raak, jou oë toemaak, en ons voel. Ons omsingel jou met ons liefhê, ons dapperheid, en ons Lig.

Haal net asem. Voel die son. Luister na die wind. Soek die maan. Sit as jy kan. Of slaap as jy kan. Rus as jy kan.

Maar hou asseblief net moed. En onthou as jy kan dat hierdie dae erger voel. En dat vandag nie jou lewe is nie, net 'n hoofstuk in jou lewe se storie.

Ons hou jou vas in ons harte vandag.
Haal asem.
Hou moed.
En bly haal net asem.

Amen
🙌

©Hekelwoorde

(Uit die boek van Waarwoorde en Wenswoorde)

23/12/2024
05/12/2024

"Jy is wat jy met jou stilte doen." Baron von Hügel

05/12/2024

Die Oranjerivier, Suid-Afrika se langste, ontspring in Lesotho (nie te ver van die Indiese Oseaan) en vloei al die pad na die Atlantiese Oseaan. Ook maar 'n genade dit vloei wes (en nie oos nie), want anders was daar nóg minder water in die noordweste van ons land / Noord-Kaap! Foto: Jens Friis

05/12/2024

Found in the heart of Mpumalanga, Graskop Gorge is a destination that has long enchanted travellers with its breath-taking views and thrilling activities. This natural gem just got even more exciting with the addition of the Cliff Walk, a new attraction that promises to elevate your adventure (quite literally!)🏞️👣. The Cliff Walk is a thrilling…

Visit our blog to read more: https://www.crystalsprings.co.za/blog/

05/12/2024

He was born in KwaMdladla in Tonga, Nkomazi

Address

Komatipoort Akademie
Komatipoort
1930

Telephone

+27748377180

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when geografie en Toerisme onderwyser by Komatipoort akademie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to geografie en Toerisme onderwyser by Komatipoort akademie:

Share