22/12/2021
Vakansiegangers by die see:
HOE OM 'N HAAIAANVAL TE VOORKOM:
1. Moenie in die see swem nie. Meer as 99% van alle haaiaanvalle gebeur in groot watermassas, ook bekend as oseane. Die manier om vas te stel of jy in 'n oseaan is, is om die water te proe. Dit behoort sout te smaak.
2. Swem saam met vet mense. Sorg altyd dat daar groot, vet mense saam jou in die water is. Die kanse dat jy vinniger as hulle kan swem en wegkom is baie goed.
3. Dokter die sonblok. Om jou kanse op 'n aanval verder te verklein, vervang die ander se sonbrandmiddel van ander mense met iets wat na gebraaide biefstuk of bloed ruik.
4. Moenie in die water gaan sonder 'n mes nie. Dis sodat jy die swemmer naaste aan jou kan steek as jy 'n haai gewaar. Sodra hy lekker bloei, swem so vinnig weg as wat jy kan.
5. Luister noukeurig! Elke Haai het 'n Theme Song - As jy dié volgende hoor, swem vir jou lewe: da-dam. da-dam. da-dam As dit so klink: dadam, dadam, dadam - dan is jy klaar in jou moer.
6. Moenie paniekerig raak nie. Bly kalm as 'n haai jou byt. Jy is in elk geval in jou kanon in. Dis nie nodig om die kinders op die strand bang te skree nie!
LEKKER VAKANSIE!