27/12/2021
Ons blad was vir n tydjie stil...maar was ons besig om n paar veranderinge en toevoegings te maak.
Vir diegene wat n bietjie lui is vir stap tot by die rivier , het n "splashpool" staanplek gekry byna op die huisie se voorstoep. Hier kan jy nou lekker afkoel met n pragtige uitsig op die rotskoppie. Lekker lafenis na n lekker stappie of fietsryrit. Baljaarplek vir die kleingoed direk onder oog, terwyl pa en ma n vleisie op die kole
gooi.
N sandput het ook die lig gesien, en staan in afwagting vir sandplesier.
Ons beskik oor een huis wat slaapplek bied vir 6 persone. Huis is toegerus met sonkrag, warm water, gasstoof, gas yskas/vrieskas . Volledige toegeruste kombuis en beddegoed word voorsien.
Kampplekke sonder krag is ook beskikbaar. Buite ablisie met bad,stort,toilet en natuurlik warm water.
Aktiwiteite: Visvang,stap,fietsry,swem in die rivier of "splash" in die "pool"
Ry n draaitjie en bewonder die mooi van die Kouga.
Lekker rus in absolute stilte en privaatheid is wat ons u graag wil bied .
Nerens maar tog erens tussen klowe en berge vind u hierdie paradys.
Navrae en besprekings:
Jubile Strydom
0823323370