
05/09/2024
Swartlandskou - Moorreesburg | 4-7 September 2024
Swartland Toerisme nooi jou hartlik uit om ‘n draai te kom maak by ons stalletjie in die ABSA Beesarena! Kom leer meer oor die juwele van die Swartland, ontdek nuwe wegbreekplekke, en vind uit wat ons pragtige streek alles bied. Ons span is reg om jou te ontmoet en al jou vrae te beantwoord.
Kom geniet die plattelandse sjarme, proe aan ons lekker produkte, en maak dit 'n onvergeetlike dag.
Dankie aan ons borge:
Moorrees, Desert Rose Farm Stall, Village-Living, Nuweplaas Padstal, OPELA, Winelands PASS, Fynbos Fine Foods, Growing Paper - The Seed Paper People, Kloovenburg Wine and Olive Estate, Darling Olives, Darling Sweet, Swartland Kitchen, Sonvanger Villa Yzerfontein, Flip Flops Villa, Koffie en Jy, I Love Yzer