30/07/2024
Hierdie gedig van die Olympiese opening het n so n betekenisvolle 💕 inslag:
Ek deel graag die plasing hier, geskryf deur Frazer Georgio Barr~
Ammal was genooi
Die Jirre het kêk gehou die nawiek
en ammal was genooi
Selfs die ongenooides
Die ongaloewiges, die attiejiste, die prositute
Die g**s ennie trans en ammal wat onner'ie abc's is was oek daar.
Die skynheiliges ennie ouens wat heilig skyn was daar.
Die nugter bra ennie ou wat elke dag sy pyn mettie Franse wyn afspoel was oek daar. Plus die ou wat kwaad is vir Hom was oek daar.
Ja ammal was genooi
Die moordenaar, die verkragter, die skelms ennie mafias was oek daar. Selfs die samesweringsteorie se laanies het innie voorste gestoeltes gesit. Die depressie-lyers ennie een wie 'n liefdesteleurstelling gehad het was genooi. Ampe ve'giet ek vannie bergie ennie pr******te wat oek nader gestap het.
Die organisasies wat na weeskinnes omsien en die organisasies wat meisies help om nie aborsies te doen nie was oek daar.
Die ouens wat cheer vir Gaza ennie ouens wat cheer vir Israel was ammal daar. Selfs hulle wat vegiet het van Ukraine se mense wat deur Rusland gebom word was daar. Ja ammal was genooi.
Daar innie hart vannie land vannie liefde hettie Jirre kêk gehou
Die godsdienstiges, die opregte galoewiges, die valses, die eendag Kristen ennie anne-dag Kristen, plus die Sondag Kristen was ammal genooi. O'ja, amper vegiet ek vannie voorspoed-evangelie se ouens wat jou beloewe dat jou sakke en jou lewe altyd lekke sal wies as djy net jou geld vir hom kan gie...Awêh, daai ouens het oek ytgestiek.
Die halfkaal meisies ennie meisies met al haar klere aan was oek genooi. Selfs die pastoor wattie hou vannie ander pastoor se leringe nie was oek daar. Die outjie wat sy geluk soek op bet-way ennie straatprediker was oek genooi. Die vrou wat haar man verneuk was daar. Ja daai ou wat die vroue se harte breek was oek daar. Daai ouens wat net tydens begrafnisdienste kêk bywoon en buitekant die kêk na die priek luiste' was oek genooi.
Die griekse gode met hul volgelinge-en-al was oek genooi. Antie Marie met haar afkop was oek daar met al haar Franse pelle wat niks en niemand ontsien nie was voor innie ry. Daai duisende denominasies wattie met mekaar kan saamstem nie het selfs 'n tafel gedeel.
Die vuisbek en vuisboek soldate met hulle gespierde en vinnige vingers en stadige gedagtes was eintlik heel eerste genooi.
Selfs daai navorsers wat nooit navolgers vannie Jirre wil wiesie maar die meeste vannie Jirre praat en wiet het heel voor innie kêk gesit. Hulle was oek daar!
Ja, ammal was genooi. Die dwelmverslaafde was daar ennie ou wattie wiet wat realiteit is nie was oek daar. Die Kristene wattie minste doen vir sy medemens hettie meeste te sê gehad. Die Jirre soek toe virrie volk vir wie hy gesê het, "wies bly wanne mense allerhande dinge oor julle sê en julle vervolg ter wille van my naam" Maar niemand was bly nie. Toe die Jirre hoor hoe Sy naam geseën en gevloek word innie kêk, toe sit hy maar daar, want'ie Jirre het ammal genooi, oek Homself. Ja ammal was genooi.
Nou was daar oek atlete met hul land se vlae wat vir vier jaar gewag het om te hardloep, spring, nog hardloep en swem en nog spring en dans en allerhande dinge doen vir 'n bietjie aandag wat met brons, silwer en goud bekroon word soedat hulle dit eendag vir hulle se nageslag kan vertel. Hulle het heel agte innie kêk gesit maar hulle was die meeste in hul noppies. Meer as allie ander. Ja ammal was genooi.
Maar ammal het oor hom gepraat, verby hom gestap, ja verby hom gepraat. Op hom gespuug, langs hom gesit en langs hom gestaan, langs hom gelê...Ennie Kristene mettie minste kennis ennie onaktiefste liefde hettie meeste te sê gehad maar die woorde het niks verander nie. Ennie ongaloewiges wattie meeste te sê gehad het mettie minste kennis en ervaring vannie Jirre het steeds leeg weggestap. Tog wassie Jirre daar maar ons was biesag mette kompetisie oor wie reg of verkeerd is. Want toe sê die Jirre mos, die jimmel is my troon ennie aarde is my voetstoel, en Hy kyk soe oorie mensdom om te sien hoekô raak niemand stil nie...Want ammal het geraas en niemand kon sy boodskap hoorie...Ons deel liewer prentjies maar ons deel'ie Liefde nie...
Jaaaa, die Jirre het ammal genooi maar ammal was te biesag om met mekaar te baklei...Ja ammal was te biesag om met mekaar innie stad vannie Liefde te baklei...
Die Jirre het kêk gehou, ja niemand was weggewys nie want ammal was genooi...
copyright:fgbarry