07/04/2023
OMS-ATLETIEK ONTPLOF!
Atlete van Oranje het vandeesweek iets baie besonders op die Nasionale Hoërskole-atletiekkampioenskap in Germiston vermag – 2 goud, 5 silwer en 2 brons.
Plus nog 5 medaljes in die aflosse. Én ’n spul top 10 plekke in die eindrondes.
Dis die beste wat OMS-atlete al ooit op die SA’s presteer het. Dit was ook die meeste atlete (19) wat Oranje nóg in die Vrystaatspan gehad het.
Daarby was Oranje die laaste 3 keer op die Vrystaat-kampioenskap (2023, 2022 en 2020) die naasbeste skool in die provinsie (onder enkel- en dubbelgeslag skole).
Die skool het vanjaar die Sentraal-byeenkoms gewen en was 3de by Tuks se Top 10-byeenkoms.
⏹️ Só het Oranje-atlete op die SA’s gevaar:
INDIVIDUEEL
🥇Charné Wansbury (o.19) 200 m
🥇Danyelle Pienaar (o.15) 300 m-hekkies
🥈Roline Louw (o.19) 100 m-hekkies
🥈Charné Wansbury (o.19) 100 m
🥈Rumé Burger (o.15) 200 m
🥈Danyelle Pienaar (o.15) 90 m-hekkies
🥈Annelize van der Merwe (o.15) hoogspring
🥉Nadia Vorster (o.19) hoogspring
🥉Roline Louw (o.19) verspring
AFLOSSE
🥇Charné Wansbury (o.19) 4x400 m
🥈Nécke Verster (o.17) medley-aflos
🥉Charné Wansbury (o.19) 4x100 m
🥉Rumé Burger (o.15) 4x100 m
🥉Danyelle Pienaar (o.15) 4x100 m
EINDRONDES
◾️Zelmarie Smook (o.17) 100 m-hekkies ➡️ 4de
◾️Diné le Roux (o.17) 100 m-hekkies ➡️ 5de + 400 m-hekkies ➡️ 6de
◾️Rumé Burger (o.15) 100 m ➡️ 5de
◾️Elizabeth Fick (o.15) 100 m ➡️ 6de
◾️Annari Blignaut (o.15) 1 500 m ➡️ 5de + 800 m ➡️ 7de
◾️Cara Smith (o.17) 100 m-hekkies ➡️ 7de + verspring ➡️ 9de + hoogspring ➡️ 10de
◾️Nécke Verster (o.17) 400 m ➡️ 7de
◾️Carlé Stockenström (o.17) 800 m ➡️ 10de
◾️Roné Strydom (o.15) verspring ➡️ 12de
◾️Marianne Louw (o.17) driesprong ➡️ 13de
◾️Adrie van Tonder (o.15) diskus ➡️ 13de + gewigstoot ➡️ 16de
◾️Elsje Coetsee (o.15) gewigstoot ➡️ 14de
Arrie Nel Apteekgroep/ Arrie Nel Pharmacy Group
VRP Lancet Laboratories