04/05/2024
Vriende van Rayton Meander - Diamantvallei bied gasvrye akkommodasie in 'n rustige plaasatmosfeer met voëlgesang, pragtige uitsig en 'n woudbelewenis, net buite Pretoria - of dit vir 'n vinnige wegbreek, verblyf naby verskeie trou venues, of selfs besigheidsverblyf is.
Diamantvallei is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar.
Al die kamers is nuut oorgedoen in April/Mei 2021 met moderne en luukse fasiliteite, hoewel die statige, klassieke atmosfeer behou is. Bed en Ontbyt-akkommodasie is beskikbaar vir huweliksgaste (ook van troues by nabygeleë venues) of enige ander besoekers aan die area, wat graag naby aan die stad, maar tog nog in 'n landelike omgewing wil oorbly.
Wifi en internettoegang is gratis beskikbaar vir aanlyn werk. (Kragopwekker en sonkrag word gebruik gedurende beurtkrag).
Diamantvallei is gesinsvriendelik - ekstra beddens is beskikbaar in elke kamer, volgens ouerdiskresie en daar is uitgebreide, veilige buite speelruimte.
Die plaas beskik oor 'n natuurlike dam en vlei-area waar geswem en geroei kan word op eie risiko en met eie toerusting.
Daar is ook geleentheid vir veldfietsry of bergstap en piekniekplekkies (geen formele geriewe word verskaf nie). Die venue bied ook verskeie opsies vir troues, konferensies of konserte - groot of klein, binne of buite, knus gesellig of professioneel en glansryk.
Diamantvallei is ook die tuiste van die jaarlikse KragDag selfstandigheidsekspo waar daar in 2019 440 ondernemings uitgestal het en dit deur 21 400 ekspogangers bygewoon is.
Verskillende gemeenskapsaktiwiteite soos kursusse wat insluit hoe om jou eie sonkrag te installeer, byeboerdery, akwaponika, elektronika, fotografie, programmering en karaktervormende en kennisverrykende praatjies vir kinders word ook aangebied.
[email protected] 072 456 5937 514 JR Rhenosterfontein, Rayton, 1001
Koördinate: 28º 31′ 35.97″ Oos 25º 48′ 58.66″ Suid