ELDERS MET FRAZER
Môre-aand in Elders: Ligtoringroete se Episode 5 kuier en stap Erns Grundling met musikant, storieverteller en brugbouer Frazer Barry. Hulle kyk ook na pragtige fynbos in Gourikwa Nature Reserve saam met gids Ethan le Fleur. Erns gaan tuis by Die Vlei, fantastiese verblyf op 'n plaas langs 'n enorme begroeide tuin. En hy stap Stilbaai toe. Vir dit en meer, kyk Elders: Ligtoringroete môre-aand (Maandag) 20:00 op kykNET.
Elders word vervaardig deur Bonanza Films en moontlik gemaak deur Toyota SA, kykNET, Eksekuteurs, Jakkalsvlei en HopeCamino.co.za. Vorige episodes is beskikbaar op DStv se Catch Up.
Ligtoring pelgrimstog - 4de episode 3 Feb. Lekker verrassings wag.
ELDERS VANAAND
Lekker-lekker Gouritsmond, Gourikwa Nature Reserve en Jakkalsvlei buite Herbertsdale, en heerlike plaaslike mense vanaand (Maandag) 20:00 op kykNET. Moenie vanaand se vierde episode van Elders: Ligtoringroete mis nie. Erns Grundling stap van Gouritsmond tot Gourikwa. Vorige episodes is beskikbaar op DStv se Catch Up.
In vanaand se derde episode van Elders: Ligtoringroete stap Erns Grundling saam met die aktrise en skrywer Lindie Stander van Vleesbaai tot naby Kanon in die pragtige en ongerepte Fransmanshoek Conservancy. Hy gesels ook met Riekie van Rensburg by die Bewarea se Inligtingsentrum en vaar oor die Gouritsrivier saam met Org Nieuwoudt van Gourits Fishing Charters. Vir meer, kyk Elders: Ligtoringroete vanaand 20:00 op kykNET. Vorige episodes is beskikbaar op DStv se Catch Up.
ELDERS: LIGTORINGROETE Môre-aand (Maandag) is die tweede episode van Elders: Ligtoringroete, 20:00 op kykNET. Erns Grundling gesels met die herbergiers Naudé en Marié van Heerden op Danabaai en stap dan in die rigting van Vleesbaai saam met die geliefde storieverteller en aanbieder Lyntjie Jaars. Op Boggomsbaai speel hy muurbal teen die 82-jarige Fred Orban en ry ook die gewilde 4x4 Duineroete saam met Riekie van Rensburg. As jy die eerste episode op 6 Januarie misgeloop het, haal in op DStv se Catch Up. Geniet môre-aand se episode!
It's hard not to have a little spring in your step when surrounded by so much beauty! Here is one of our recent pilgrims experiencing the rhythm of the walk on a lovely rainy morning in the Garden Route.
Whether hiking with purpose or just feeling the joy of the moment, it's important to complete your Pilgrimage walk YOUR way, no matter if you hop, skip, or dance your way from Uniondale to Mossel Bay.
Tag us if you had a similar moment and want to celebrate the joy of walking.
#SpringInYourStep #WalkWithJoy #PilgrimageOfHope #GardenRoute #NatureRhythm #HopeCamino
#kleinkaroo roete vanaf Calitzdorp soos deur Briette Barry se lens Neem tyd en geniet
#calitzdorproete dag twee
Na twee jaar se beplanning van Briette Barry en haar span is die #calitzdorproete nou oop. Vanoggend het die eerst 8 pelgrims by die kerk begin en 15km tot by Matjiesvallei gestap. Die berge nooi jou in, vou jou toe in haar klowe en bring jou by dié mooiste valleie. Klapperbos , alwyne, vygies wat vet is na die reën. Skoon blou lig en stilte. Kontakbesonderhede volg. By aankoms is daar koue vet en vars vetkoeke n stort en n bed wat meer kan n mens vd lewe vra
Hier video som die Pelgrimstog van Hoop se etos op. Kyk en luister. Ons stap deur die mooiste natuurstreke maar ook deur gemeenskappe en is afhanklik van mense se goeie gesindheid. Dankie aan die gemeenskappe wat hulle harte en sleepwaens vir die rooi hoede oopmaak. Dit is juis hierdie wonderlike gasvryheid wat ons hoop gee. #tuinroete