Lekka-Lekka Tours/Toere

Lekka-Lekka Tours/Toere All kinds of tours and travel in South Africa
(1)

17/05/2023

As mens nie in die gewoonte is om iets op dié blad te plaas nie, gaan dae en weke verby en verloor die nuus sy trefkrag. Ek onderneem weereens om meer gereeld nuus te plaas. Die Drakensberge en Lesothotoer was baie susksesvol. Ons het 3 900 km gery, geen voertuigprobleme ervaar nie en elke dag die mooie natuurtonele en vriendelike mense ten volle geniet. Party plekke, veral die pad oor die Naudésnekpas tussen Rhodes en Mount Fletcher (100 km) was erg verspoel en sleg, maar na meer as 5 ure het ons dit suksesvol voltooi! Ook die laaste 7 km na Malealea Lodge het ons 'n uur geneem. Alles was die moeite werd! Die Katsedam was 'n belewenis. Dit is tans 98 present vol. Die Sanipas was besonders!
Nou lê die Kruger NP en Eswatinitoer van 30 Mei tot 7 Junie 2023 voor! Kan nie wag nie!
Ek wil voorbrand maak vir die Tankwa- en Blommetoer van 14 - 19 Aug 2023, asook die Wildekustoer 12 - 19 September 2023.. Skakel my gerus vir meer besonderhede. Groete

10/04/2023

Dit is nou byna 8 jaar gelede dat ek iets op dié blad geplaas het. Hoog tyd om weer so te maak! Nuus is dat ek op 11 April 2023 op my Drakensberge/Lesothotoer vertrek. Die eerste aand slaap ons op Graaff-Reinet om die volgende dag na Hogsback te gaan. Ons oornag 2 nagte hier en kry die geleentheid om dié skilderagtige dorpie en omgewing te ervaar. Op 14/4 gaan ons na Rhodes, weereens 'n besonder mooie dorpie, en nou is ons in die Drakensberge! Op 15/4 ry ons oor die Naudésnekpas na Matatiele, Kokstad en bereik Underberg waar ons 2 nagte oorbly. Op 16/4 ry ons die bekende Sanipas, altyd iets besonders. OP 17/4 ry ons via Howick, Winterton, Berville na die Golden Gate NP om by Clarens te oornag. Op 18/4 gaan ons oor die Lesothogrens na Katsedam. Ons oornag digby. Op 19/4 ry ons via Maseru na Malealea Lodge om van daar op 21/4 huiswaarts te keer met 'n oornag by Travalia Gasteplaas. Ons arriveer 22/4 by die huis. Ek glo die weer sal saamspeel om hierdie 'n onvergeetlike toer te maak. Ek sal probeer onthou om daagliks 'n berig te plaas.
My volgende toer is na die Kruger NP en Eswatini 30 Mei - 7 Junie 2023.

Address

130 Merriman Avenue
Stellenbosch
7600

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lekka-Lekka Tours/Toere posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Lekka-Lekka Tours/Toere:

Share

Category


Other Travel Agencies in Stellenbosch

Show All

You may also like