Dankie vir 39 amazing en geseënde jare my engel en my lief!
Hamas aanval
Die feite wat na vore kom oor die aanval deur Hamas is hartseer, skokkend en onaanvaarbaar.
Die wêreld se simpatie gaan dikwels en meestal vir die Palestyne. Hulle omstandighede is nie altyd maklik nie, en die Israelis se optrede dikwels hard en selfs onmenslik. Israel word dikwels getipeer as ‘n apartheidstaat. Maar, wat maak jy in ‘n situasie waar Palestyne die gyselaars geword het van radikale/ekstremistiese Moslemgroepe wat vergelyk kan word met groepe soos Isis en Hizbollah.
Hoe leef jy vreedsaam met jou bure wat (dalk uit vrees óf moedeloosheid?) Hamas en Hizbollah ondersteun en aan hulle vrye toegang en deurgang gee? Hoe vertrou jy ooit só buurman?
Hoe bou jy verhoudinge?
Dis die dilemma van Israel.
Menseregte is nie al wat op die spel is in die Israel/Palestynse situasie nie, maar ook die veiligheid en lewens van onskuldige mense by beide partye.
Die jongste aanval het dit gewys.
Ek keur geensins die onmenslike manier goed waarop Palestynse burgers, wat in die Wesbank woon, behandel word nie. Geensins! Ek gesels dikwels met hulle en is bewus van hul omstandighede oor Baie jare. My toerlede word ook hieroor ingelig.
Maar, om slegs Israel uit te sonder as die sondebok in hierdie situasie is om oogklappe te dra en die kwessie hopeloos eensydig en kortsigtig te benader.
Op die ou einde is die Palestyne die lydende party.
Ek kry dikwels kritiek oor my toere na Israël van Palestyns-gesindes…
Terloops, my reisagent in Israel behoort aan Palestyne. Ons ondersteun hulle winkels en hotelle in Bethlehem, Nasaret en Jerigo.
Kruisdra op die Vis Dolorosa
Sommige elgrims loop op die
Stalls in the Old City of Jerusalem.
Golgota
Vir sommige kerke en hul lidmate het plekke soos Golgota magiese betekenis…Die plekke is vir hulle heilig. Die klip waarop Jesus se liggaam by Golgota neergelê is, is ook só ‘n plek. Daar word by die klip gebid en voorwerpe word daarop neergelê om dit “spesiaal” te maak - te vul met magiese of bo-natuurlike kragte. Die video spreek van self.
Granaatsap in die Ou Stad van Jerusalem.
Granate is volop in Israel na die somer. Heerlik, vars en gesond.
Die einde van die Sukkot-fees in Israel. The end of the Sukkot festival in Israel
Oggendverkeer in Bethlehem
Slinger vel-demonstrasie in Betanië waar ons Lasarus se graf besoek het. Waar die klip geval het, weet nugter.Ons is in die Wesbank en klipgooi en klippe wat jou uit die niet tref, is seker nie ‘n vreemde ding nie!
Ons toergroep, Raslouw NG Kerk, sing by die Sy Anne’s kerk in Jerusalem. Dié kerk is naby die Bad van Betesda.