My Voete loop deur Wellington en Paarl

My Voete loop deur Wellington en Paarl This page is about information for tourists & locals to visit businesses in Wellington & Paarl

20/11/2023

Net so bietjie terugvoering van laas week se Wellington Indoor Christmas Market
My Voete loop deur Wellington en Paarl

Mandy’s CroissantsGister het ek hierdie nuwe juweeltjie ontdek in Rose straat, Wellington. Heerlikste koffie, baie vrien...
26/10/2023

Mandy’s Croissants
Gister het ek hierdie nuwe juweeltjie ontdek in Rose straat, Wellington.
Heerlikste koffie, baie vriendelike diens en die smaaklikste croissant wat ek in ‘n lang tyd geeët het.
Natuurlik moes ek ook my gunsteling portugese tertjie, pasteis de nastas probeer. Voortreflik was dit beslis.
Perfeksie.

Gaan maak gerus ‘n draai en ondersteun hierdie jong paartjie se nuwe besigheid.
Die winkel is vernoem na hul dogtertjie, Mandy.



06/09/2023
30/08/2023
30/08/2023

Waterblommetjiebredie is more beskikbaar by Toeka teen slegs R165! 😁

Hierdie "Lip Lek Lekker" gereg van lamsvleis en vars waterblommetjies word bedien met Rys en Groente...🤤

Beskikbaar vanaf 12h00 tot 15h00 - Sondag, 27 Augustus

➡️ 021 869 8555

Gaan maak gerus ‘n draai
29/08/2023

Gaan maak gerus ‘n draai

kom kuier saam!!! Woensdag tot Saterdag

29/08/2023

Daar beland my voete vandag by ‘n ou gunsteling The Stone Kitchen on Dunstone
vir ‘n heerlike ontbyt en ‘n goeie cappuccino.
Hierdie restaurant is geleë op die Bovlei pad op ‘n ongelooflike stukkie aarde met die naam, Dunstone.
Omring deur die natuur, kan jy nie anders as om na aan jou Skepper te voel en elke asemteug vars lug opreg te waardeer.
Hier is ook baie moeite gedoen en ‘n spesiale plek vir kinders is ingerig om hul besig te hou.
Ouers kan rustig wees en sal beslis kan ontspan en geniet wat hierdie restaurant als aanbied.

Hier is ook ‘n gastehuis op die plaas wat wêreldwyd bekend is met die mooiste uitsig van die Hawekwa Berge.
Dunstone het ook ‘n groot verskeidenheid van hul eie wyne.
Een groot gunsteling is die boutique wyn, Bella Bella.
Die ontbyt het vinnig in ‘n middagete ontaard met ou en nuwe vriende om die tafel.
Ons het heerlik gekuier en sal besis terug gaan, sommer gou weer.
Vir besprekings skakel gerus vir Carmen.


CONTACT NUMBER:
+27 78 860 9721
[email protected]
OPENING TIMES:
Monday to Sunday
Please call Carmen Ficher for reservations
ADRESS:
Dunstone Estate
Bovlei Road
Wellington












Susanna Teklenburg

24/08/2023

Vinnige, vriendelik en vrolike diens.
Op die oomblik is hul koffie my persoonlike gunsteling in ons mooie dorp, Wellington.
Soms is daar net nie kans vir daardie vinnige koppie koffie oppad werk toe nie of dalk is dit alweer b***tkrag.
Probeer gerus een van hul spesialiteits koffies.
Waar sal jy vir Trooskoffie vind?
Generaal Hertzog Boulevard oorkant Hugenote Skool.








Until end of August 🤍💅Bookings: ⁨083 505 7996⁩Rize Skoonheid Rize Skoonheid Nails Rize Visser
15/08/2023

Until end of August 🤍💅
Bookings: ⁨083 505 7996⁩
Rize Skoonheid Rize Skoonheid Nails Rize Visser

My voete loop deur WellingtonIntussen moes ek eers ‘n draai gooi by Redemption Handcrafted Leather om nuwe skoene te koo...
15/08/2023

My voete loop deur Wellington
Intussen moes ek eers ‘n draai gooi by Redemption Handcrafted Leather om nuwe skoene te koop om weer my avontuur te kon hervat in ons mooie dorp, Wellington.

So ry ons baie verby Villamar
wat jy nie kan miskyk wanneer jy oppad dorp uit is op die R44.
Vandag moes ons afdraai, want my koffie drang het my begewe en ek het gehoor dat hul die beste koffie maak.
Met die intrapslag bestel ons koffie by die vriendelike Timon en nog voor ons behoorlik sit, is die cappuccino’s op die tafel. Die Barista, weet beslis wat hy doen, want my voete wou net dans van die smaaksensasie.

Ons bestel ‘n Brunch Burger met spek en eier en ‘n heerlike Itialiaanse gnocchi.
Hul het ‘n baie goed uitged**kte spyskaart en ek het werklik my kos met smaak geniet en waardeer.
Vir die volledige spyskaart, klik op die onderste link wat jul direk na hul webtuiste sal neem.
Die laatslapers kan heeldag hier ook ontbyt bestel.

Op ‘n meer besigheidsnoot.
Villamar is nie net ‘n restaurant, maar ook ‘n koffie roosterye, bakkery en deli.
Eers het die baie behulpsame Jean- Marie my vertel van al die verskillende koffie en bone, tuisgemaakte produkte en als vir my gewys met ‘n glinster in haar oe.
Hul maak ook op die perseel egte gelato in enige geur denkbaar. Ook vir die laktose gevoelige mense.
Natuurlik is ek daar weg met my roomys met die tikkie Hollandse geur, spekulaas.

Sacha neem my verder na waar hul die bone rooster en bak en brou vir ‘n vale.
Meeste van hul vars produkte wat gebruik word in die restaurant, word geoes op die landgoed.
Mens voel so tuis tussen als, ek was sommer lus en spring saam hul aan die werk.
Loer ‘n bietjie na die geskiedenis en wat jy als kan bestel op hul webtuiste.
Verder gaan maak’n draai, drink koffie, eet iets, koop iets en deel en voel aan hierdie Wellingtonners se energie. Mag jul besigheid geseend wees en jul harde werk altyd vrugte pluk.

OPENINGS TYE
Maandag tot Vrydag
08h00 tot 16h00
Saterdae
08h00 tot 15h00
ADRES
Oude Brug Farm
Oude Poort Street
Industrial Park
Wellington
KONTAK
072 617 6501
[email protected]








https://www.villamargroup.com/

U-No-Me Packaging is gelee in die industriële area in Wellington.Soos jul almal weet Koek Terapie ek gereeld. So was ek ...
15/08/2023

U-No-Me Packaging is gelee in die industriële area in Wellington.
Soos jul almal weet Koek Terapie ek gereeld. So was ek opsoek na die boksies wat ek gebruik vir verpakking.
Ek het ‘n boodskap telefonies vir Tim Steenberg , die eienaar gestuur en onmiddelik terugvoerig gekry. Hy kry en hou dit vir my. Dankie dat jy die ekstra myl gaan vir jou kliente.

So gemaak, koek moet gebak word en verpakking het ek dringend nodig.
Jy word ingeteken soos by ons restaurant wanneer jy arriveer.
Mej. Corona se protokol word perfek nagekom.
Hier voel jy op jou gemak.
Ek is ontvang deur vriendelike personeel en hul het my vinnig gehelp met wat op my inkopie lysie was.
Hul ken hul produkte en is baie presies met hul werk. Ek is vol dinge wanneer dit by diens kom en ek kon niks fout vind met hul ongelooflike en behulpsame diens nie.
Verder moet ek vir Tim en sy personeel komplimenteer met die netheid van die winkel. Als is netjies, skoon en georganiseerd.
Dit moet gedoen wees met so ‘n groot winkel.

Hier vind jy enige verpakking waaraan jy ook al kan d**k. Rye en rye vol.
Van enige grootte sakke, boksies, wegneemete houers, servette, partytjie benodighede, sanitizers en nog vele meer.
Als teen baie billike pryse.
Daar is ook ‘n WINSKOPIE TAFEL met interesante items.

Gaan maak gerus ‘n draai.
ADRES: Unit 1 & 2 Meent straat
OPENINGSTYE:
Maandae tot Donderdae
7h30 tot 16h45
Vrydae
7h30 to 15h45
KONTAK:
Tim Steenberg
0218732566 of +27 60 473 6800
http://www.unomepackaging.co.za/




My voete en hart neem my verder op my avontuur om die ongelooflike plekke in ons mooie dorp te ontdek.Oppad na die Breyt...
14/08/2023

My voete en hart neem my verder op my avontuur om die ongelooflike plekke in ons mooie dorp te ontdek.

Oppad na die Breytenbach Sentrum om te gaan inloer by Anne-Ghrett se KARDOES KUNSWINKEL.

Nou, Anne-Ghrett Erasmus is geen vreemdeling in ons midde nie. Hierdie besonderse en talentvolle vrou is gelief deur baie van ons in Wellington.
So beskeie soos ek haar ken en met haar sagte en interesante persoonlikheid, is hierdie eksentrieke mens ‘n reuse aanwins vir ons dorp.

So klim ek die unieke hout trappe met die mooiste skilderye om my van alle rigtings.
Bo uitgekom, draai jy regs en eerste deur weer regs om by Anne-Ghrett se KARDOES lKUNSWINKEL uit te kom.
So verras om my te sien en watter gevoel om mekaar weer van aangesig te kan sien vir die eerste keer vandat Mej. Korona ons besoek het.

In hierdie pragtige vertrek ontdek jy stukkie vir stukkie die mooiste kunswerke van talle kunstenaars reg oor ons land en verder.
Bekende name pop op voor my aangesig.
Hier is skeppings in keramiek, velt en verfwerk, hout, glas en soveel meer.

Wanneer jou voete jou neem na Wellington en die van julle wat hier woon en nog nie daar ingeloer het, maak gerus ‘n draai.
Die inspirerende gevoel waarmee jy daar uitstap sal jou vir altyd bybly.

OPENINGSTYE:
Maandae tot Vrydae
10vm tot 5nm
Saterdae
10vm tot 1nm
TEL: +27 83 415 0002
ADRES:
Burgerstraat 14
Wellington






14/08/2023

Goedehoop Vleis in die hoofstraat in Paarl, is ons verskaffer van vleisprodukte al vir dekades. Altyd betroubaar en konsekwent in hul kwaliteit produkte wat hul lewer.
Ons wat in die gasvryheidbedryf is, is hierdie altyd die gerusstelling om te weet dat ons weer op ons b***t die beste vir ons gaste kan gee.

ADDRESS:
53 Main Rd, Southern Paarl, Paarl, 7646
OPENING HOURS:
Monday to Thursday
8 am–5:30 pm
Friday
8 am–6 pm
Saturday
8 am–2 pm
CONTACT NUMBER:
021 863 2965

MY VOETE LOOP DEUR WELLINGTON My volgende stop was by Continental Home & DecorHierdie mooi winkel is 'n legende in ons m...
14/08/2023

MY VOETE LOOP DEUR WELLINGTON
My volgende stop was by Continental Home & Decor

Hierdie mooi winkel is 'n legende in ons mooie dorp, Wellington.
Ek word vriendelik gegroet en verwelkom deur die eienares, Lana Basson.
Ons weet van mekaar, maar kon uiteindelik behoorlik kennis maak en sommer dadelik begin gesels dat dit gons.

Nou hier moet jy genoeg tyd saam met jou neem. Tenminste 'n uur of twee.

Jul kan absoluut als hier vind wat jy sou nodig kry vir jou huis.
So ook om jou huis van begin tot einde mooi te maak.
Rye en rye vol glase. In alle fatsoene waaraan jy kan d**k.
Mooiste breekware, bakke, koppies, teepotte, borde, messegoed en so gaan die lys aan.
Om die volgende hoek vang my oog 'n groot tafel met koekstaanders.
Ek het mos nou 'n ding vir 'n koekstaander en die het my hart sommer net vinniger laat klop.

Ek snak na my asem toe ek die volgende vertrek inloop.
Dis 'n massiewe spasie en ek weet nie waar om te begin kyk. 'n Vrou is mos maar net ook 'n vrou.
Toe ek uiteindelik tot verhaal kom, verlang ek eweskielik na my moederlief en voel sy is hier langs my. Dit voel asof ek in die tuin van Eden was.

Die mooiste kunsblomme, materiale, kussings, tuin dekor in die pragtigste kleure.

Gaan loer gerus na hierdie unieke en kosbare winkel in ons mooie Wellington

Jy hoef nie verder as Wellington te soek, want hier kry jy iets wat beslis in jou smaak sal val.

OPENINGSTYE:
Maandae tot Vrydae
08h00 tot 17h00
Saterdae
09h00 tot 13h00
ADRES:
Kollege straat
Wellington
(naby munisipaleteit swembad se sirkel)
TEL: 0218733630





My voete loop verder deur ons mooie dorp, Wellington.Die lug was ekstra blou op hierdie dag en my hart voel lig en vroli...
14/08/2023

My voete loop verder deur ons mooie dorp, Wellington.
Die lug was ekstra blou op hierdie dag en my hart voel lig en vrolik.

Ek beland by 'n winkel met die naam 'Ons Winkel'

So 'n regte winkel op'n hoek met 'n welkomende stoep so tipies uit die platteland.

Hier ontmoet ek die mooie en vriendelike Jalinda de Jager wat met soveel oorgawe en hulpvervaardigheid van haar winkel vertel.

ONS WINKEL is deel van Helpende hand.
Die fondse wat die winkel maak gaan vir studente vir finansiële ondersteuning.
In die Wes Kaap help hul tans 56 studente.
Hul het ook 'n tak in die dorp wat bestaan uit vrywilligers waar hul besig is met verskillende projekte in en om Wellington.
Een van die projekte in die winkel is ONS DROOMROK waar aand- en trourokke gehuur kan word teen bekostigbare pryse.

Behalwe vir die mooiste rokke wat jy kan huur, kan jy hier klere, skoene, boeke, huisware en talle dinge koop teen sakpas pryse.
Iets vir almal in die gesin.

ONS WINKEL aanvaar graag skenkings.
Raak betrokke en reik uit met 'n helpende hand waar ookal moontlik..

ONS WINKEL SE SLAGSPREUK
VAN HART TOT HAND NA ANDER
Skenk vir hoop.
Koop vir 'n toekoms.
Saam maak ons 'n verskil

OPENINGSTYE:
Maandag tot Vrydag - 09h00 tot 16h30
Saterdag - 09h00 tot 12h30
ADRES:
Fonteinstraat 114
Wellington
TEL: +27 79 360 1376






Die volgende avontuur en ontdekking, het ek te danke aan Koek Terapie se Belgiese sjokolade torte se aflewering. Nooit h...
13/08/2023

Die volgende avontuur en ontdekking, het ek te danke aan Koek Terapie se Belgiese sjokolade torte se aflewering.
Nooit het ek verwag dat ek sou afkom op hierdie spesiale plek in ons mooie dorp, Wellington met die naam, Mooigoed, Kuierstoep & Die Wolhoekie.

Liza Joubert, die vrou en eienares agter hierdie juweel, kom my vriendelik tegemoet by die hek
'n Outydse stoep met die mooiste tafels en stoele nooi jou siel om te gaan sit en net stoom af te blaas.
Kyk, ek moes twee keer d**k, toe tref dit my mos dat Mej. Corona se level 4 my mos oor die vingers gaan tik indien ek nou my wil sou uitoefen.
Ek kan net in my geestesoog verbeel hoe heerlik ek met my dogters of n vriendin hier kan sit en kuier met 'n cappuccino en 'n heerlike stukkie koek.

Met die intrapslag binne, groet 'n ontploffing van die mooiste kombinasie van kleure vir my.
Ek is omring en oorweldig met die pragstigste
MOOIGOED.

Hier vind jy unieke kunswerke wat iets aan jou hartsnare doen en wat jou sommer net weer laat besef jy is 'n vrou.
In die volgende vertrek nooi die reuk van vars gebakte brood jou. Jy kan hierdie vars brode bestel by Liza. Dit is beskikbaar elke Vrydag.
Daar is ook beskuit en konfyte, verskillende tee, asook die mooiste truie te koop.
Liza betrek ook vrouens uit die gemeenskap wat vir haar hul produkte bring. So maak sy ook 'n verskil in ons samelewing om mekaar te ondersteun.
So wanneer ons weer kan eetplekke besoek, maak gerus seker dat Die Kuierstoep op jou lys gaan wees. Intussen kan jul daardie spesiale geskenk gaan koop en jou brood bestel.

Dis toe nie al nie. Net langsaan stap ons in by
Die Wol Hoekie.
Rye en rye van die mooiste kleure wol en als wat jy sou nodig kry om manlief se volgende paar bedsokkies te brei. Wol is deesdae skaars en moeilik om in die hande te kry.

So in my noppies met hierdie juweel en ek hoop dat jul 'n tydjie sal afknyp om by Liza te gaan kuier.
PS: Jy kan bestel en Liza courier jou bestelling landwyd.

OPENINGSTYE:
Dinsdae tot Vrydae: 9vm to 2nm
Adres: Burgstraat 17
Wellington
TEL: +27 83 749 2573




So het my voete deur Wellington intussen 'n hele paar plekke kaf gedraf in die laasste twee weke. Tyd vir sosiale media ...
13/08/2023

So het my voete deur Wellington intussen 'n hele paar plekke kaf gedraf in die laasste twee weke.
Tyd vir sosiale media was bietjie min met my vol agenda en troues se beplanning.
Hierdie volgende klein besigheid is een van my persoonlike gunstelinge.
Weet mos nou al by hierdie tyd waar daar iets te ete is, kry jy my nie weg nie.

Weggesteek in die mooie Bainstraat, roep die wit sambrele met die welkomende sitplekke jou nader.
Nou hier ry ek gereeld verby, maar ek het gewag om hier in te glip saam een van my dogters vir 'n heerlike bederf.
Fiftyfivecroissants_wellington is 'n nuwe koffie en bakery winkel.
Met die eerste oogopslag lyk dit sommer net lekker om op die stoep by een van die tafels met die besonderste stoele, luilekker te sit en ontspan.
Binnekant is twee vertrekke, Die een waar jy jou koffie kan bestel en croissants met verskillende vulsels.
Natuurlik ook vir die soettand heerlike tuisgemaakte heuningkoek en nog lekkernye.
Die ander vertrek met sy mooie rakke is volgepak met plaaslike produkte.
Gryp 'n mandjie en koop jou vryloop eiers hier.
Verskillende olies, koffiebone, makrolletjies, soute en speserye. So ook die mooiste lente posies en nog 'n paar ander snuisterye.
In die een hoek nooi 'n stel trappe my na die boonste verdieping. Nuuskierig soos ek is, wil ek mos nou dadelik weet of ons bo kan sit en ons koffie geniet.
Hierbo hang die plafon vol gedroogte blomme en dit voel of jy iewers tussen die Hemel en 'n woud is.
Ons bestel toe 'n croissant met mozzarella, tamatie en vars basielkruid.
YUMMY!!
Vars, onverbeterlik en vriendelik bedien deur die hulpvaardige tweeling Keaton en Keanan.
Flink en vinnig is ons cappuccino's ook gemaak deur die oulike en vriendelike Hazel en net soos ons dit verkies.
Koffie bly mos maar 'n persoonlike ding en hierdie koffie winkel se personeel weet presies wat hul doen.
Besoek gerus vir Fifty Five Croissants.
Dis werklik 'n aanwins vir ons mooie dorp Wellington.
OPENINGSTYE:
Maandae tot Saterdae
07h00 to 16h30
ADRES:
Bainsstraat 36
Wellington



https://instagram.com/my_voete_loop_deur_wellington?igshid=OGQ5ZDc2ODk2ZA==

13/08/2023

Old Tannery
Old Hermon Road
Wellington

Ek het besluit om op 'n avontuur te gaan en ons dorp se weggesteekte plekke behoorlik te leer ken.Nou die van jul wat my...
13/08/2023

Ek het besluit om op 'n avontuur te gaan en ons dorp se weggesteekte plekke behoorlik te leer ken.
Nou die van jul wat my ken weet ek is gek daaroor om ons dorp te bemark en op my sosiale netwerke te deel.
Net omdat Wellington al vir soveel jare diep in my siel is.

Vandag het my voete my na 'n oulike winkel in REGENT STRAAT toe geneem met die naam van MENGELMOES.
Jy ry deur 'n hek en kry dadelik die gevoel van plaas en rustigheid.
Die vriendelike en verwelkome ontvangs deur Zelda het my sommer lig en vrolik laat voel.
Met die instapslag neem jou oog 'n kleurspel van handgemaakte en unieke items waar.
Hierdie is 'n winkel waar mense uit ons gemeenskap in ons mooie dorp Wellington, se handewerk jy als onder een dak kan kry..
Amper soos 'n markdag elke dag, met 'n verskil dat jy op jou eie en gemak rustig deur die mooi en oulike items kan loer..

Marijke Jonker is die vrou agter hierdie oulike inisiatief om 'n groot verskil te maak in baie huishoudings.
Jul kan haar kontak by (074) 807-9336 vir enige navrae en indien jy sou belangstel om rakspasie te wil huur vir jou unieke produk.
Op
WINKELURE:
Woensdae tot Vrydae: 9vm tot 5nm
Saterdae: 9vm tot 1nm
Bonus is daar is hope parkeerplek.

Ek is daar weg met 'n huppel in my stap en sal beslis weer inloer.
Mengelmoes Gemeenskapswinkel - Wellington


koekterapie.wordpress.com

Address

Wellington
7655

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when My Voete loop deur Wellington en Paarl posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share


Other Tourist Information Centers in Wellington

Show All