Asemskep is op die plaas Heydon, 40km grondpad op die Richmond (R398) pad buite Middelburg, Oos Kaap geleë. Daar is ‘n grondpad met skilderagtige natuurskoon vanaf Asemskep na die legendariese “Uile Huis” op Nieu Bethesda, sowat 50 km. Graaff- Reinett is op dieselfde roete, 50km verder. Is jy al deur die geblêr van skape wakker gemaak? Wel dan is Asemskep jou bestemming. Dit is die perfekte plek v
ir iemand wat rus en vrede, vars lug en stilte nodig het en die sterre hemel saans is ‘n belewenis. Die uitsig oor die veld, die berge en die lusern lande met skape wat blêr kan nie misgeloop word nie. Daar is ‘n groot verskeidenheid voël lewe met ‘n grond dam net agter die huis waar voëls die hele dag gehoor word. Asemrowende sonsondergange en die rustigheid wat die natuur aanbied, word jou sonder enige steuringe, sonder televisie- of selfoonontvangs by hierdie wegbreekvakansiehuis aangebied. Bergfiets liefhebbers kan met die grootste gerustheid kom fiets ry, en daar is veld paatjies wat gestap kan word. Afhangende van watter tyd van die jaar dit is, kan u die geleentheid hê om “skeer van skape” te belewe, asook die kans om ‘n “hanslam” melk te gee. Geniet hierdie ten volle gemeubileerde huis met 4 slaap kamers ( een daarvan en suite badkamer), ‘n apparte badkamer wat die ander 3 badkamers bedien, sitkamer, sonkamer, kombuis en binne braai area. Asemskep het ‘n groot grasperk waar kinders heerlik kan baljaar en bal skop. Die sitkamer het ‘n gesellige hout kaggel wat die koue Karoo aande ‘n onvergeetlike ondervinding maak. Asemskep nooi jou om 'n ontspanne wegbreek op hierdie veilige, gesonde en vreedsame vakansiebestemming te geniet.