NW Chamber of Commerce and Industry

NW Chamber of Commerce and Industry AHi Noordwes is die provinsiale komitee van AHi Nasionaal wat die sakekamers en die AHi-lede in die betrokke provinsies verteenwoordig

Die AHi Noordwes is die Provinsiale Komitee vir AHi Nasionaal, en leef die Visie "Saam skep ons volhoubare welvaart," uit. Die AHi is 'n nasionale multisektorale besigheidsorganisasie bestaande uit korporatiewe, medium-, en kleinsakeondernemings. en geaffilieerde sakekamers. Sy kernbesigheid is om die ekonomiese en sakebelange van sy lede te bevorder, om netwerke tussen ondernemings asook intera

ksie tussen die sakesekter en die regering te fasiliteer, en om 'n reeks dienste aan sy lede te lewer. Die AHi is 'n inklusiewe organisasie vir alle etniese- en belangegroepe, om die bemagtiging van swart entrepreneurs te bevorder en om 'n volhoubare ekonomiese omgewing te skep te bevordering van die vrye ondernemingstelsel. Die AHi plaas klem op die handhawing van sy reputasie as ʼn besigheidsorganisasie en sakekamerbeweging van uitnemendheid, deur die mobilisering van kundigheid om sy lede te ondersteun. Voorts streef die AHi daarna om sy lede te bemagtig ten einde ʼn sinvolle bydrae in die besigheidsomgewing te lewer en om ondersteunende aksies te loods om die ontwikkeling van die land en die vrye ondernemingstelsel te bevorder. Die visie van die AHi lui soos volg: “Saam skep ons volhoubare welvaart.”
In sy strewe om hierdie visie te verwesenlik, bring die AHi sakelui byeen en verening hulle. So word sakelui bekend gestel aanmekaar;vind netwerking plaas; word kennis uitgeruil; vaardighede oorgedra; en word oor kulturele en etniese grense bande gesmee. Die AHi Noordwes, die Provinsiale Komitee vir die AHi Nasionaal is gefokus op dienslewering aan die onderskeie AHi-geaffilieerde Sakekamers in Noordwes. Dienslewering van die AHi Noordwes kan in die volgende Fokusareas verdeel word:
1. Ontwikkeling van plattelandse dorpe en gemeenskappe in Noordwes,
2. Die uitbreiding van sakekamers en skakeling met plaaslike owerhede en die provinsiale regering van Noordwes, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, die ontwikkeling van entrepreneurskap, gepaardgaande met toepaslike opleiding, werkskepping, mentorskap en bevordering van Toerisme
3. Ondersteuning aan sakelede in die handel, nywerheid en georganiseerde landbou ter bevordering van hul sakebelange,
4. Kommunikasie en wedersydse samewerking met hierdie sektore,
5. Tree hoofsaaklik in ’n fasiliterende hoedanigheid op aan sakekamers om 'n deurslaggewende rol te vervul in ontwikkelinge en projekte wat in hul onderskeie bedieningsgebiede plaasvind,
6. Nuwe sakekamers tot stand te bring en bestaandes uit te brei,
7. Lewer positiewe insette om beleggersvertroue te help bevorder, produktiwiteit in die ekonomies aktiewe gemeenskappe binne die provinsie te verhoog en in die breë maatskaplike bestendigheid teweeg te bring,
8. AHi is n spanpoging met die doelwit om welvaart vir al die mense te help skep.

Address

Posbus 19687
Potchefstroom
2522

Telephone

+27824926321

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NW Chamber of Commerce and Industry posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to NW Chamber of Commerce and Industry:

Share


Other Potchefstroom travel agencies

Show All