Toerbroers Australia

Toerbroers Australia Embark on the adventure of a lifetime with Toerbroers Australia. Proudly connecting Saffas globally ✈
(9)

🌴2025 Zanzibar with Gerhard Steyn & Performances🏝️✈️$1,850 per person sharing for 5 days, 4 nights.✈️$2,150 per person s...
19/07/2024

🌴2025 Zanzibar with Gerhard Steyn & Performances🏝️
✈️$1,850 per person sharing for 5 days, 4 nights.
✈️$2,150 per person sharing for 8 days, 7 nights.

You will be warmly welcomed by: TourBrothers' Andries, Sya, and Wiaan, along with the entire Steyn family. The resort also hosts its own colony of monkeys known only in Zanzibar. The team will oversee your resort and off-resort activities to provide the best possible experience. Families, come join us!

Dates:
- 20-24 May 2025
- 20-27 May 2025
- 24-31 May 2025
- 27-31 May 2025

Various Payment Options Available
🔴There are financing options available through TourBrothers Finance.
A holiday loan payable over 12 months with interest up to your credit card rate is available. If you don't have the money now and are afraid of missing out because it will sell out quickly, rather finance it and pay off the financing faster without penalties, ensuring your spot. Toerbroers Finance is registered with the NCR and an authorised credit provider.

🔴OR you can choose our ‘cash’ option where a deposit of $300 pp is payable now and the balance 12 weeks before departure.

Included:
🏝️ Direct flights from Johannesburg to Zanzibar
🏝️ Shuttles
🏝️ 4 or 7 nights at 4* Reef & Beach Resort, Zanzibar on an 'all-inclusive' basis.
🏝️ Resort activities
🏝️ Toerbroers team
🏝️ Gerhard Steyn performance

Excluded:
🏝️Flights from Aus to SA (we assist)
🏝️ Travel insurance (we assist)
🏝️ Extra activities
🏝️ Resort fee ($5 per day per person)

For more information contact [email protected]

13/07/2024

. 🏝️ 2025 Zanzibar met Jo Black 🏝️
- want 2024 het in 2 weke uitverkoop -
‼️As jy nie wil uitmis op die beperkte offer nie en jy het dalk nie nou al geld vir volgende jaar se vakansie nie…..GEEN PROBLEEM! Ons Finansierings huis, Toerbroers Finance, kan jou vakansie finansier met n 12 maande afbetaalplan, lees opsies onder‼️

Jo Black Zanzibar Pakkette:
🌴 $1,850 pp wat deel vir 5 dae, 4 nagte
🌴 $2,150 pp wat deel vir 8 dae, 7 nagte

Hierdie is van ons beste Zanzibar toere en ongelooflik gewild! Direkte vlugte vanaf Johannesburg en verblyf in 5* gemak by een die mooiste oorde wat die eiland kan bied. Alle etes, meeste drankies en resort aktiwiteite ingesluit. Ons Toerbroers spanne is ook aan diens om jou met alles by te staan, ekstra aktiwiteite te bespreek en seker te maak jy kan net jou droomvakansie geniet! En natuurlik kuier julle ook die heeltyd lekker saam met Jo Black!

🌴5 dae, 4 nagte: per persoon wat deel🌴
•3 - 7 Junie 2025
•10 - 14 Junie 2025

🌴8 dae, 7 nagte: per persoon wat deel🌴
•7 Junie - 14 Junie 2025

Verskeie Betaal Opsies Beskikbaar
🔴Daar is finansierings opsies beskikbaar deur Toerbroers Finance.
ń Vakansielening betaalbaar oor 12 maande met rente wat tot jou kredietkaart wen. Toerbroers Finance is by die NKB geregistreer en ń gemagtigde kredietverskaffer.

🔴OF jy kan ons ‘kontant’ opsie kies waar ‘n deposito van $300 AUD nou betaalbaar is en die res 8 weke voor vertrek.

Ingesluit:
🏝️ Direkte vlugte vanaf Johannesburg
🏝️ Shuttles
🏝️ 4 of 7 nagte by 5* SBH Kilindini Resort, Zanzibar op ‘n ‘all inclusive’ basis’
🏝️ Resort aktiwiteite
🏝️ Toerbroers span
🏝️Jo Black

Uitgesluit:
🏝️ Vlugte vanaf Australië (ons kan help)
🏝️ Reisversekering (ons kan help)
🏝️ Ekstra aktiwiteite
🏝️ Resortfooi

Vir meer inligting kontak [email protected]

🌍𝐕𝐢𝐜𝐭𝐨𝐫𝐢𝐚 𝐅𝐚𝐥𝐥𝐬 𝐰𝐢𝐭𝐡 𝐓𝐨𝐞𝐫𝐛𝐫𝐨𝐞𝐫𝐬🌍Kom reis saam met ons!Package Includes:✈️Direct Return Flights from Johannesburg to Vict...
09/07/2024

🌍𝐕𝐢𝐜𝐭𝐨𝐫𝐢𝐚 𝐅𝐚𝐥𝐥𝐬 𝐰𝐢𝐭𝐡 𝐓𝐨𝐞𝐫𝐛𝐫𝐨𝐞𝐫𝐬🌍
Kom reis saam met ons!

Package Includes:
✈️Direct Return Flights from Johannesburg to Victoria Falls
✈️Shuttles from and to the airport
⭐3 nights accommodation at Shearwater Explorers’ Village with breakfast daily
🌴Sunset Cruise on the Zambezi River with drinks and snacks
🌴Toerbroers Guide

Excluded:
✈️Flights from Australia to South Africa (we can arrange)
✈️Extra activities
✈️Travel Insurance (we can assist)
🌴Certain meals and drinks in Victoria Falls
🌴Visas for Victoria Falls (can get upon arrival)

Cost:
$1270 AUD per person sharing
$1400 AUD per person sharing

Selected Departures (enquire about available dates)

March – October 2025

Pay a deposit of $350 AUD to secure your spot and pay the rest 90 days before arrival.

For more information contact [email protected] / toerbroersaustralia.com.au

🛺Phuket Thailand with Toerbroers🛺Kom reis saam met ons!Inclusions:🏝️Shuttles from and to the airport🏝️7 nights accommoda...
07/07/2024

🛺Phuket Thailand with Toerbroers🛺
Kom reis saam met ons!

Inclusions:
🏝️Shuttles from and to the airport
🏝️7 nights accommodation at 4* Patong Resort Hotel, Phuket with buffet breakfast daily
🏝️Toerbroers Guides

Excluded:
✈️Flights from Australia to Phuket (we assist)
✈️Extra activities
✈️Travel Insurance (we assist)

Selected departures (enquire about available dates):
March – October 2025

Cost:
$800 AUD per person sharing
$1100 AUD per single person

Pay a deposit of $350 AUD to secure your spot and pay the rest 90 days before arrival.

For more information contact [email protected] / toerbroersaustralia.com.au

🌴   𝐙𝐚𝐧𝐳𝐢𝐛𝐚𝐫 𝐰𝐢𝐭𝐡 𝐓𝐨𝐞𝐫𝐛𝐫𝐨𝐞𝐫𝐬  🌴Kom reis saam met ons!✈️Enjoy the sandy beaches and crystal-clear water of Zanzibar! Five...
05/07/2024

🌴 𝐙𝐚𝐧𝐳𝐢𝐛𝐚𝐫 𝐰𝐢𝐭𝐡 𝐓𝐨𝐞𝐫𝐛𝐫𝐨𝐞𝐫𝐬 🌴
Kom reis saam met ons!

✈️Enjoy the sandy beaches and crystal-clear water of Zanzibar! Five star resort with flights, shuttles, 4 or 7 nights accommodation, all meals and drinks included! As well as a Toerbroers guide to ensure you can relax and enjoy!

Package Includes:
✈️Direct Return Flights from Johannesburg, South Africa to Zanzibar
✈️Shuttles from and to the airport
⭐4 or 7 night accommodation at SBH Kilindini Resort, Zanzibar
⭐All meals and selected drinks
⭐Toerbroers Guide
Excluded:
🏝️Flights from Australia to South Africa or directly to Zanzibar (we can arrange)
🏝️Extra activities
🏝️$5 US per day per person resort fee
🏝️Travel Insurance (we can assist)

Selected departures (enquire about available dates):
October – November 2024
April – June 2024

Cost:
4 nights per person sharing: $1,850 AUD
7 nights per person sharing: $2,150 AUD

Pay a deposit of $350 AUD to secure your spot and pay the rest 90 days before departure.

Contact us [email protected] / toerbroersaustralia.com.au

05/07/2024

🎊 Exciting News! 🎊

Toerbroers Australia has a brand-new website, and it's live!✈️

Kom reis saam met ons!🌴
Explore affordable holiday packages, connect with family worldwide, and travel in Afrikaans.

Visit toerbroersaustralia.com.au / Email: [email protected]

Embark on the adventure of a lifetime with Toerbroers Australia. Proudly connecting Saffas globally ✈

Hello Botswanna… ons reis weer.Bye Bye SA, en Hellooooooooo Botswanna. 2 Afrika Lande met Andries. Chobe, Okavango en Vi...
19/06/2024

Hello Botswanna… ons reis weer.

Bye Bye SA, en Hellooooooooo Botswanna.
2 Afrika Lande met Andries.
Chobe, Okavango en Vic Valle.
Ons het begin en vertel julle oor die volgende paar dae weer hoe lekker die een is. Daar is nog een datum nou beskikbaar gemaak vir einde van die jaar so kom saam.
🛖🛖Toerbroers 2 Lande Afrika 2024🛖🛖
🔹BOTSWANA🔹ZIMBABWE🔹
4 dae, 3 nagte
➡️ JY KAN AFBETAAL⬅️
ALLES INGESLUIT:
• alle vlugte • alle vervoer (mokoro kanoe, bootritte en voertuie) • alle verblyf • alle etes • alle wildsritte •
•Toerbroers Gids •

R24 900 per persoon wat deel
Is jou droom nog altyd om op ‘n regte Botswana safari te gaan? Kom ontdek die Okavango Delta saam met ons met wildsritte, bootritte en te voet!

‼️Deposito van R3500 nou betaalbaar, die res 8 weke voor vertrek‼️

Slegs 10 kamers per datum beskikbaar

Datums
6-9 Oktober 2024

Ingesluit in die pakket
🐘 Retoer vlugte vanaf Johannesburg na Kasane Lughawe in Botswana
🐘 Vervoer
🐘 3 nagte verblyf by Elephant Valley Lodge in luukse tente
🐘 Alle etes (ontbyt, middag- en aandetes)
🐘Wildsritte in Chobe
🐘Bootritte in Chobe en die Okavango
🐘 Dagbesoek aan Victoria Valle (ingang nie ingesluit)
🐘 Parkfooie
🐘Toerbroers gidse

Uitgesluit
🐘Reisversekering (ons staan by)
🐘Drankies
🐘Fooitjies vir gidse en drywers

Vir meer inligting, kontak [email protected]

Welkom aan Shanelle🙌🙌Soos julle almal nou reeds gehoor het, die kantore in Perth, Australia is operasioneel en ons wou d...
31/05/2024

Welkom aan Shanelle🙌🙌
Soos julle almal nou reeds gehoor het, die kantore in Perth, Australia is operasioneel en ons wou die geleentheid gebruik om julle aan Shanelle, Toerbroers Australia Perth Kantoor se verteenwpordiger, voor te stel.

Welkom by een groot sterk familie.

Shanelle: As 'n trotse Suid-Afrikaanse expat wat in die sonnige stad Busselton, Wes-Australië woon, bring ek 'n bietjie van daardie Suid-Afrikaanse lewenslus saam met my. Met 'n graad in BCom het ek kop eerste ingeduik in die klein besigheidswêreld hier, saam met my ouers in ons besige familiebesigheid.
Reis was nog altyd 'n passie van my. Ek het die geleentheid gehad om deur Europa, New Zealand, Japan en baie ander pragtige plekke te reis. Elke reis het Toerbroers se slogan, 'om te reis is om jouself te vind,' bevestig, aangesien ek nuwe fasette van myself en die wêreld met elke reis ontdek het.

As 'n Aussiekaner het ek nie vergeet hoe om te braai nie! Trots op my Suid-Afrikaanse wortels, kan jy altyd op my reken vir 'n lekker braai, waar die gees van saamwees en heerlike kos tot lewe kom. Natuurlik sal jy my ook passievol elke Springbok-wedstryd sien kyk, ons span ondersteun met onwrikbare steun.

Ek sien uit na hierdie wonderlike reis om Toerbroers se bereik oor die oseaan uit te brei, ons unieke mengsel van avontuur, kultuur en verbinding na nuwe gaste te bring en onvergeetlike ervarings vir reisigers regoor die wêreld te skep.

Soos hierdie ongelooflike reis begin, sien ek uit daarna om almal aan boord te verwelkom en onvergeetlike avonture saam te deel.

05/04/2024

Wat is die bekendste Afrikaanse woord wat opkom as ń olifant jou kant toe kom ? Dit ruim met “bok”!

Wat ń ongelooflike dag was dit in Chobe met die safari na die groot ontbyt by ons hotel in Vic Valle. Die fotos vertel ń beter storie. Maar om hierheen te kom moet jy jouself reg kry vir die wonders van die skepping. Want dit stel nie teleur nie. Dit is alles.

Vandag loop ons die Victoria Valle en sommige gaan Boma vir die groot Afrika dans, dromme en geeet!
Ons post daai fotos weer more!

Kom saam..

‼️DIE 2024 VICTORIA VALLE DATUMS IS HIER‼️
‼️NOU GENOEG TYD OM AF TE BETAAL‼️

🌿Hierdie is een van ons grootste toere! Kom saam met ons na een van die wêreld se grootste wonders – Victoria Valle!🌿

R14 450 per persoon wat deel vir hierdie ongelooflike 4 dae, 3 nagte ondervinding!

‼️R2000 deposito nou betaalbaar, die res slegs 8 weke voor vertrek‼️

Datums:
11-14 Julie 2024
14 - 17 Julie 2024 (Manie Jackson kom saam)

Dit sluit in:
🌿Retoervlugte vanaf OR Tambo Lughawe tot Victoria Valle, Zimbabwe
🌿Shuttle dienste van en na die lughawe in Victoria Falls
🌿 3 nagte bed en ontbyt by Shearwater Explorers Village of Elephant Hills Resort
🌿3 Gratis Shuttle Dienste na die valle of ander toeristepunte
🌿River Song Luukse Sonsak Bootrit (parkfooie uitgesluit)
🌿Toerbroers gidse

Uitgesluit
🌿Etes en drankies nie genoem
🌿Ekstra aktiwiteite (ons reël)
🌿Resiversekering (ons kan bystaan)

Stuur ‘n epos aan [email protected] om jou plek te bespreek!

💰💰💰. AANDAG - AANDAG - AANDAG. 💰💰💰                 💰 Handelsmerke en Firmas💰   Is jy gereed om jou firma se verkope te v...
07/02/2024

💰💰💰. AANDAG - AANDAG - AANDAG. 💰💰💰
💰 Handelsmerke en Firmas💰

Is jy gereed om jou firma se verkope te verhoog en jou teikengehoor direk te bereik? Kyk sommer gou hier! Ons Reistoerisme-bladsy is die perfekte platform net vir jou. Ons gaste en jou kliente hou van presies dieselfde ding - JOU!!!! En wat beter as Toerbroers se ‘Jou Media’ voorstel om ons gaste se vakansie makliker te maak met jou produk wat hulle nodig het.

🌎Daarom 'n vennootskap🌎
•Wye gehoor: Ons bladsy lok reisigers uit alle vlakke van die lewe, beide nasionaal en internasionaal. Of hulle nou plaaslike juwele verken of eksotiese avonture aanpak, hulle maak staat op ons aanbevelings.
•Reisnoodsaaklikhede: Reisigers benodig betroubare produkte tydens hul reise. Van duursame bagasie tot gemaklike reisdrag, jou handelsmerk kan hul betroubare metgesel wees. Produkte soos kampgoed, safari, insekte beheer, ontspannings, versekering, verpakking ens.
•Unieke ervarings: Ons vier outentieke reiservarings. Wys hoe jou handelsmerk hierdie oomblikke verbeter – of dit nou koffie drink by 'n Paryse kafee is of ń stap met lekker skoene in die Himalajas.

📸 Hoe om saam te werk?
•Produkkenmerke: Deel jou nuutste reisvriendelike produkte – van velsorg tot tegnologiese toestelle. Ons sal die voordele en praktiese toepassing daarvan uitlig.
•Geborgde plasings: Laat ons boeiende inhoud rondom jou handelsmerk skep. Ons span reis-entoesiaste sal boeiende stories maak wat by ons gehoor aanklank vind. Lewendige stukke of vooraf opgeneem, sommer lekker van toepassing foto’s.
•Weggee’s en kompetisies: Betrek ons ​​volgelinge deur geskenke op reis-tema-kompetisies aan te bied. Verhoog handelsmerksigbaarheid en skep 'n buzz! Almal wil tog iets wen.

Kontak ons en stuur vir ons 'n direkte boodskap om opwindende samewerkingsgeleenthede te verken. Kom ons maak elke reis saam onvergeetlik!

Jou vriende
[email protected]

👕👕👕👕Toerbroers ERA h**p reeks!👕👕👕👕                                 —- elke h**p het ń betekenis,                     wat...
14/01/2024

👕👕👕👕Toerbroers ERA h**p reeks!👕👕👕👕

—- elke h**p het ń betekenis,
watter een is jou gunsteling?—-

Dis ń nuwe era by Toerbroers, ook die begin van die nuwe jaar wat beteken Toerbroers se nuutste reeks hemde is weer by elke toer in voorraad. Ons ERA reeks is iets besonders met baie moderne aanslag rondom die natuur en ń betekenisvolle diepte. Die gehalte van die h**p is ń “Pro Gholfer Sublimated Prolight” h**p wat beteken hy gaan vir jare hou.
Jy gaan hom enige plek kan dra ook, selfs na kuier en uitgaan aande.

‼️Anders as vorige jare ‼️
Jy gaan nie hoef aanlyn te bestel en dan vir jou bestelling hoef te wag nie. Ons het volumes vooorraad in hand wat jy sommer kan aanskaf by die toer as ń aandenking van jou ervaring saam met ons. Nou kan almal soos ń Toerbroers lyk!

Toerbroers is saam julle opgewonde vir 2024.                   💫Mag dit ń voorspoedige              nuwe jaar in Jesus C...
31/12/2023

Toerbroers is saam julle opgewonde vir 2024.
💫Mag dit ń voorspoedige
nuwe jaar in Jesus Christus wees.💫
Psalm 65:11: "U het die jaar gekroon met U oorvloed, en U paaie drup van vet." Psalm 103:4: “Wie verlos jou lewe van ondergang; wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartigheid.” Psalm 104:33: “Ek wil sing tot eer van die HERE so lank as wat ek leef;

Dis alles onse Vader, Jesus en die Heilige Gees!

Liefde van die Toerbroers span
🌟⭐️✨✨⭐️🌟

🔴🔴🔴🎄🎄Geseënde Christus-fees!🎄🎄🔴🔴🔴Ons is saam almal dankbaar vir oms Jesus Christus en hierdie dag wat ons lewe veraltyd ...
24/12/2023

🔴🔴🔴🎄🎄Geseënde Christus-fees!🎄🎄🔴🔴🔴
Ons is saam almal dankbaar vir oms Jesus Christus en hierdie dag wat ons lewe veraltyd sal verander met die belofte van Sy goeie nius storie, bloed en oorwinning.

Is mos toe nou in die strate vanaand hier in Thailand. En ewe skielik is hier hierdie ongelooflike tempel wat die Thai m...
12/12/2023

Is mos toe nou in die strate vanaand hier in Thailand. En ewe skielik is hier hierdie ongelooflike tempel wat die Thai mense hulle offers aan hulle gode gee….ek moes ‘n foto van dit neem om julle te vertel!

Dis so netjies en so mooi gedoen…. En ek sit gewoonlik nie my voete by ń tempel in nie en ook vir geen snaakse rede nie, net ń persoonlike keuse.

Maar die orde, netheid en moeite wat hier ingegaan het, het my aandag…. En ek d**k toe aan ń vers in die Bybel:

“Besef jy nie dat jou liggaam die tempel van die Heilige Gees is, wat in jou woon en deur God aan jou gegee is nie? Jy behoort nie aan jouself nie.”
1 Kor 6:19

Jou liggaam is 'n tempel vir jou gees. Net soos jy tempels met respek behandel, moet jy jou liggaam met respek behandel. Jy kan dit doen op baie vorms van die Woord te gehoorsaam, deur jou liggaam skoon te hou. Selfs na jouself te kyk en ook na jou emosionele toestand.

Maar wat is jou liggaam?
Jou liggaam huisves God (jou kerk/doel/roeping/bediening) en Sy Heilige Gees, jou liggam is vlees, hy is gees, hy is spiritueel en hy is tydelik. Hy is soekend na toekoms, groei en ewigheid.
Hy is honger, verteer en verbrand energie. Hy bou homself op, of breuk homself af. Hy kan oortollig wees en verslawings vashou en jou gesondheid belemmer. Vette stoor of homself uitbrand. Verhonger!

So jy moet jou gedagtes, jou begeertes, jou doelwitte, jou gesondheid en jou emosies alles met respek behandel. Orde in hulle vind en kry. Want jy is broos, jy is niks sonder God nie. Jy behoort nie aan jouself nie. Soos jy iemand anders se goed met respek hanteer want dis nie jounne nie, so moet jy jouself hanteer want jy behoort aan God.

So oordeel jouself nie en haat jouself nie… want jou tempel het jou nodig. Hou hom skoon dag vir dag, kyk na hom sodat jou liggaam se samestelling in eenheid kom met jou doel, God se wil en jou volle sukses.

Ons is nie ons eie nie. Ons is teen 'n prys gekoop. Nadat ons ons liggame as 'n geskenk van God ontvang het, moet ons dit gebruik om God te eer. Probleme ontstaan ​​wanneer ons ons besluite as apart van ons liggame sien of te klein is om ons lewe te beïnvloed. As jy werk stres, familie stres of geestelike stres jou laat oorweldig is dit nie deel van jou liggaam nie maar ń uiterlike aanval wat op jou liggaam verwoesting soek, jy moet jou liggam dan sy staan laat staan en jou skei van die verwoesting teen jou en jou gees, gemoed en emosies. Respekteer jou tempel en sy orde en gee hom veiligheid eerste. Want dit behoort aan God.

Man ek love julle almal.
Ek glo so dat ons almal vir soveel meer bedoel is as die aanvalle wat ons so deel maak van ons karakters.
Julle moet ek lekker middag en aand hê.

Julle vriend.
Andries H Potgieter

Dis die laaste maand van 2023 en 2024 is besig om te begin laai. Doen die werk nou en pluk die vrugte sommer gou.Jou gro...
02/12/2023

Dis die laaste maand van 2023 en 2024 is besig om te begin laai. Doen die werk nou en pluk die vrugte sommer gou.

Jou groot idees sal tot groot prestasies lei. Groot prestasies lei tot groter welvaart - nie net finansieel nie, maar in alle aspekte van die lewe. Mens wil beter wees, die Here meer ken, die lewe meer ervaar.

Voorspoed is om genoeg te verdien deur jou pogings om die volgende oggend te kan opstaan ​​en dit weer te doen. Lewe vir wat jy doen en nie die voorspoed nie, dit is die voorspoed by homself!

Die natuur is ń bewyse van oorvloed.
Waar daar God is, is daar vreugde. Waar daar vreugde is, is daar vryheid en waar daar vryheid is, is daar voorspoed. Kyk weer na die natuur en sy skoonheid en hoe dit altyd sy grond terug neem.

Leef om te werk en werk om te gee!
Vra vir meer sodat jy meer kan gee.

God wil jou voorspoedig maak omdat dit in jou beste belang is. En ook Syne. Hy is ń goeie God. Die duiwel soek werkloosheid, armoede en onsekerheid, want dit versterk jou in jou ongeloof teenoor God.
Groei en uitbreiding is een van die hoofkenmerke van die lewe! Maak dit jou karakter. Want dis wie jy is!

Moenie nou fokus op die aantal visse by jou in die net nie, laat jou oë op die Een wees wat hulle kan vermeerder. En gooi jou nette net weer uit. Wees konstant!

Wees voorspoedig.
Geniet die laaste maand van die jaar.
Liefde
Andries H Potgieter

Probeer om nie iemand se gesag in God te ontken op grond van wat jy weet van hulle verlede nie.As jy iemand uitsluit en ...
19/11/2023

Probeer om nie iemand se gesag in God te ontken op grond van wat jy weet van hulle verlede nie.

As jy iemand uitsluit en ontken dat hy gesag het in en by God as gevolg van wat jy van hul verlede weet beroof jy jouself van 'n wonderwerk. Of dalk inspraak van God self.

Want as hulle verlede hulle verlede is
dan is dit nie meer jou besigheid nie!
Dis vergete en dalk nou net die mooiste getuienis veral wanneer hulle gewas word in die bloed van die Lam en wanneer hulle die gesag deur en in Jesus Christus gegee is.
Dan maak dit nie saak wat jy d**k jy weet nie.

Die Bybel sê dat jy nie meer van jouself moet d**k as wat jy is nie. Die boek van Romeine sê ook dat ons almal in sonde gebore is en in ongeregtigheid gevorm is en almal het gesondig en ontbreek van die heerlikheid van God.

So moenie dat wat jy d**k mense van jou weet jou
keer dat jy in die gawe opereer wat God jou gegee het nie. Vat vrymoedigheid!

Hoeveel keer het jy nie gesê of nie gedoen wat God op jou hart geplaas het nie, want jy het ged**k hulle ken jou en hulle sal jou nie glo as gevolg van wat hulle weet van jou geskiedenis nie, so sluit jy jouself uit om God die geleentheid te gee om die wonderwerk deur jou te doen. So groot seen wat jy oor jou eie lewe mis!

Jou gister is presies waar hy hoort - in die verlede -
Vergewe jouself, vergeet van dit en weet dis sovêr van jou verwyder soos die ooste van die weste.

Kyk na wat voor is, bely en maak reg, laat staan en gaan aan. En maak jou oë en ore saam jou hart oop vir die stem van die Here. Wees Sy woorde, wees Sy voorbeeld. Wees Sy lig. Sy asem!

Jy is n getuienis. Jou gister is jou bou blokke. Vandag jou karakter en môre se sterkte.
Gaan en gaan maak disipels van alle nasies.
Koningskind jy is genoeg.
Ons ken jou aan die erkentlikheid in jou hart , Dawid, en nie aan jou gister nie.

Lief julle
Andries

. ONS MAAK OOP VIR NUWE TOERBROERS GIDSE           🛑 AANDAG 🛑 AANDAG 🛑AANDAG 🛑           .      Toerbroers Bootcamp – In...
17/11/2023

. ONS MAAK OOP VIR NUWE TOERBROERS GIDSE
🛑 AANDAG 🛑 AANDAG 🛑AANDAG 🛑 .
Toerbroers Bootcamp – Internskap en‘Gap Jaar’


Bootcamp 2024:
Wou jy nog altyd ‘ń Toerbroer wees en by ons leer en deel wees van ons reis en natuurbewarings inisiatiewe? Nou is jou kans! Die Toerbroers Internskap Bootcamp gee gewone mense van enige ouderdom die geleentheid om ‘n naweek by te woon waar ons julle ‘n lekker oorsig gee van wat ons toerismehuis behels en watse kennis jy nodig het om in ons bedryf te werk. Uit die Bootcamp groep word ons volgende spanne gekies. Dis werk soos ń praktiese onderhoud.

Gap-Jaar 2024:
Skop af 1 April direk na Bootcamp: Ons gaan ook in 2024 nagenoeg 5 Bootcamp interns kies om by die Toerbroers span aan te sluit as deel van ‘n Gap-jaar. Hierdie interns kan teen ‘n maandelikse fooi van R4000pm by die Toerbroers span inskakel en ook praktiese ondevinding opdoen deur deel te word van ons plaaslike en internasionale toere. Diegene wat in ag wil kom vir die Gap-jaar internskap moet egter een van die bootcamps bywoon sodat die span jou kan leer ken en sien of jy wel by ons groep sal inpas. Jou maandelikse fooi sluit jou verblyf, etes, vervoer, internasionale vlugte in as ń gap-jaar intern. Aan die einde van die jaar kry die interns ‘n getuigskrif of permanente aanstelling.

BOOTCAMP INFORMASIE
3 dae, 2 nagte vir R5500 per persoon

Slegs plek vir 40 mense per datum en ‘n R1500 deposito verseker jou plek.

Datums:
22 – 24 Maart 2024
20 – 22 September 2024

Ingesluit in die pakket:
🌟Vervoer vanaf Pretoria na Hoedspruit
🌟2 Nagte verblyf
🌟Etes (ontbyt en aandetes)
🌟Groot 5 wildsrit
🌟Bootrit op die Blyde Rivier
🌟Inleiding tot noodhulp
🌟Bosstap met jagluiperde
🌟Opleiding in aspekte van Toerbroers funksies (toerisme, organisering, ‘hospitality’ en meer)
🌟Toerbroers Gidse

Uitgesluit
🌟Middagete
🌟Peuselhappies
🌟Drankies

Vir meer inligting, stuur gerus ‘n epos aan [email protected]

Re : Nuwe persoonlik profiel wat julle mag geniet.Hello almal, ek het hierdie nuwe profiel oopgemaak met die oog op ń ba...
03/10/2023

Re : Nuwe persoonlik profiel wat julle mag geniet.

Hello almal, ek het hierdie nuwe profiel oopgemaak met die oog op ń baie groot nuwe projek wat ons binnekort bekendstel.

Omdat die projek van hoë waarde en hoë profiel is het ek my vorige “Andries Hendrik” profiel laat delist om van baie onbekende profiele ontslae te raak, vir die veiligheid van die projek. Die ewige vrees vir ń snaakse “hacker” so te probeer vermy. En van die begin af net ń goeie groep mense, lekker mense, op my profiel te hê!

My vorige profiel het 5000 friends ( tot by sy limit) gehad en by die 20 000 friend requets wat ek nog moes approve.

So met hierdie nuwe profiel:
Ek sal graag weer elke Toerbroers gas, elke, bekende ou vriende en almal van en in ons gemeenskap se Friend Requests aanvaar op die profiel. So doende ń lekker Afrikaanse groep mense, lekker waardes en mense met wie ons lekker tyd en tye al kon spandeer.

Vat die vrymoedigheid om my ń Friend Request te stuur as julle graag na my daaglikse dagstukkies, reis, gelag en alles wat Andries is wil kyk hoor.

Baie liefde altyd
Andries Hendrik Potgieter

Mens leer baie in jou reis van die natuur. Soos die seeskilpad is jou reis een groot wonderwerk, baie soos hulle s’n. Me...
29/09/2023

Mens leer baie in jou reis van die natuur. Soos die seeskilpad is jou reis een groot wonderwerk, baie soos hulle s’n.

Met sterre en magneetvelde wat jou rigting stuur, wys en jou van alles wysmaak. Word ons ook gestuur!

Vanaf die land tot in die diepste see. Om te reis is om jou karakter te vind. Jy besef wie jy is. Jy ervaar hoe vêr jy eers moes gaan om alles te verken, hoeveel strome jy moes volg en selfs teen swem om te groei en volwasse te raak. Sterk met ń toekoms.

Hoe om te volg en hoe om ander te lei! En om dan weer terug te kom na die kern van jy wees, om so perfek te wees soos die dag toe jy geskape was, perfek in God se ewe beeld.
‼️Jy was nooit ń fout, jy moes net reis!‼️

Mooi naweek vriende.
Geniet julle reis!
Andries H Potgieter

Jy is nie verplig om te glo nie, maar ek is verplig om vir jou te sê, Jesus kom binnekort weer❤️
28/09/2023

Jy is nie verplig om te glo nie, maar ek is verplig om vir jou te sê, Jesus kom binnekort weer❤️

“Al is ons onvolledig, het God ons volkome lief. Al is ons onvolmaak, het Hy ons volkome lief. Al voel ons verlore en so...
08/09/2023

“Al is ons onvolledig, het God ons volkome lief. Al is ons onvolmaak, het Hy ons volkome lief. Al voel ons verlore en sonder kompas, omring God se liefde ons heeltemal. ... Hy het elkeen van ons lief, selfs diegene wat gebrekkig, verwerp, ongemaklik, bedroef of gebroke is.”

Wanneer ons aan liefde in die algemeen d**k, is ons dikwels geneig om dadelik aan romantiese liefde te d**k. Maar het ons al ooit eers aan God se liefde ged**k? God se liefde is anders as ander soorte liefde. Dit is nie alles hartjies en blomme of warm en onseker nie, dit gaan regtig verder as dit. Sy liefde is so groot, diep en wyd. Sy liefde vertroos ons in tye van eensaamheid en wanhoop. Dit misluk nooit nie en Sy liefde altyd- altyd, vergewe.

Ons sal dalk nie ten volle kan verduidelik of begryp wat God se liefde is nie, maar dit is iets wat ons in ons lewens moet ervaar. Ons moet onsself voortdurend daaraan herinner hoe baie Hy vir ons omgee en kosbaar is, maak nie saak hoe onvolmaak ons ​​is nie.
Jy is gemaak uit Sy liefde - Jy is volmaak in Sy liefde!

“Daarom verloor ons nie moed nie. Alhoewel ons uiterlik besig is om oud te word, word ons innerlik dag vir dag vernuwe. Want ons ligte en kortstondige probleme bewerkstellig vir ons 'n ewige heerlikheid wat verreweg swaarder weeg. Daarom rig ons ons oë nie op die sigbare nie, maar op die onsigbare, want die sigbare is tydelik, maar die onsigbare is ewig.” – 2 Korintiërs 4:16-18

Ons is genoeg, jy is genoeg.
As jy dit nie genoeg hoor nie.
Wil ek dit vandag vir jou sê!
- EK IS LIEF VIR JOU, jy is so pragtig en van soveel waarde. Ek het jou lief met ń hemelse liefde en begeer die grootste sukses oor jou lewe. Gaan lewe van vandag af as ń geliefde, nie net deur God nie maar ons almal as jou medemens. Lewe, lag en glimlag!
Jou ewige vriend
❤️❤️
Andries
(Liefde uit Dubai)

🟠           Om te reis is om jouself te vind,                🟠                  dit is die Toerbroers motto!            ...
07/09/2023

🟠 Om te reis is om jouself te vind, 🟠
dit is die Toerbroers motto!
www.toerbroers.co.za

Min mense leef ooit hul droom en passie werklik uit, maar Andries Hendrik Potgieter en Wiaan Fourie, ook bekend as Toerbroers, het ná jare se harde werk en toewyding uiteindelik by die punt gekom waar hulle elke oomblik van die dag besig is met dit wat hulle werklik gelukkig maak.

www.toerbroers.co.za
Toerbroers bied nagenoeg 100 toere per jaar na plaaslike en internasionale bestemmings aan waar avonturiers en natuurliefhebbers saam met hulle eksotiese eilande, boskampe en bestemmings kan besoek waar hulle leeus, olifante, buffels, renosters, bokke en baie meer self sal kan sien.

“Die lewe is geleen, vreugde is ń belofte en vrede kry die een wat dit soek!” - Andries H Potgieter

www.toerbroers.co.za

Wiaan en Andries het Wiaan se verjaarsdag gaan vier in Cappadocia, Turkye. Dit is sekerlik een van die mooiste lande in ...
06/09/2023

Wiaan en Andries het Wiaan se verjaarsdag gaan vier in Cappadocia, Turkye. Dit is sekerlik een van die mooiste lande in die wêreld. Ons verstaan ook hoekom hy no. 5 op die mees besoekste land ter wêreld is. Ontvang 15 miljoen plus mense elke jaar in toerisme.
Jou mond hang permanent oop.

Die twee broers offer nou opsies na Turkye saam hulle en beloof julle ń wêreld van skoonheid, fotogeleenthede en geskiedenis wat elke oomblik propvol maak. Besoek hulle toerblad Toerbroers en kom kuier saam in 2024.

Dis goed dat die plaas nie gaan verval nie en dat daar ń 10 jaar plan is, nog net ń klein bietjie skaaf aan die 10 jaar ...
05/09/2023

Dis goed dat die plaas nie gaan verval nie en dat daar ń 10 jaar plan is, nog net ń klein bietjie skaaf aan die 10 jaar plan. Maar daar is nou weer toekoms en nou weer hoop en ń nuwe seisoen van leer.
Nie seker of die renosters in Afrika Parke sal kan staan teen die aanslag van stroping nie. Dit het maar moeilik gegaan met die aanslag in ons SA Parke. Sindikate skarrel seker mal rond na die nuus.
Maar daar moet ń dankie gesê word aan oom John vir alles wat hy gedoen het vir die spesie en hulle getalle. Sy werk sal altyd erken word.

🔜African Parks Network het gister aangekondig dat hulle suksesvol 'n ooreenkoms beding het om John Hume se renosterplaas te koop met al die renosters wat hy geteel het. Die renoster sal oor 'n tydperk van tien jaar herwild word.🔚

05/09/2023

🔴🔴JULLE MOET ONS EUROPA BOOT SIEN🔴🔴
Toerbroers Europa Cruise 2024
met Gerhard & Zelri Steyn
🟢Spanje 🟢 Frankryk 🟢 Italië 🟢
3 EUROPESE Lande in HOOG SEISOEN (somer)
- ALLES INGESLUIT -
•vlugte•vervoer•verblyf•alle etes•koeldranke en
sommige wyne en bier•Afrikaanse gidse •
•aktiwiteite aan boord•hawe belasting•
•Gerhard en Zelri Steyn•
•fooitjies•diensfooie/tips•
🔴JY BETAAL DIE PRYS EN KAN LETTERLIK JOU BEURSIE VERGEET, behalwe verken in dorpe en aandenkings koop🔴

R57 435 per persoon wat kajuit deel
💰Jy kan afbetaal💰

Kom reis saam met Toerbroers en ons goeie vriend, Gerhard Steyn en sy mooi vrou, Zelri, na Europa! Die Meditirreense bootvaart begin in Barcelona, Spanje en ons besoek ook van die bekendste dorpe in Frankryk en Italië! Lekker somervakansie in Europa!

‼️Slegs 22 kajuite beskikbaar! R3000 deposito verseker jou plek en die res is 8 weke voor vertrek betaalbaar‼️

Datum:
29 Junie - 7 Julie 2024

Ingesluit in toer:
🇪🇸 Retoervlugte vanaf Johannesburg na Barcelona, Spanje
🇪🇸 Retoervervoer van lughawe na hawe en terug
🇪🇸 7 nagte aan boord Oasis of the Seas
🇪🇸 Alle hawefooie, belasting en diensfooie ingesluit
🇪🇸 Alle etes aan boord ingesluit (tot 7 etes per dag, drankies soos koeldrank, water, koffie, tee by etes ingesluit)
🇪🇸 Doen aan by Barcelona, Malorca, Marseilles, Florence, Naples, Pisa, Rome
🇪🇸 Gerhard Steyn
🇪🇸 Toerbroers Gidse

Uitgesluit:
🇪🇸 Europese visa (ons staan by)
🇪🇸 reisversekering (ons staan by)
🇪🇸 ektra aktiwiteite nie genoem

Bespreek jou plek by [email protected]. Gerhard Steyn Zelri Steyn

Address

Perth, WA

Telephone

+61432395619

Website

https://www.toerbroersaustralia.com.au/

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Toerbroers Australia posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Videos

Share

Category