30/12/2023
Ons het hulle gesien. Ons het hulle gehoor. En nou is hulle haas op pad.
Die 35ste Trans Agulhas uitdaging is tans tussen Stilbaai en Struisbaai te sien. So op die laaste Sondag van 2023 kan fotograwe in die Overstrand hul kameras gereed hou wanneer diΓ© blitsige bootjies hier verby snel.
Die avonturiers en hul kragtige rubberbote sal by die volgende punte aandoen: Die Damme om 07:40, Pearly Beach Oord-strand 08:10 en Uilkraalsmond 08:30.
Om 09:25 beweeg hulle verby Gansbaai Hawe en om 09:45 by Hermanus Ou Hawe verby, 'n Hawston strandpunt volg, hul jaag verby Kleinmond en Pringlebaai-strand (10:40) voor die eindstryd waar hulle omstreeks 11:20 by Strand sal eindig.