WilruWilthu is in 'n stil deel van Marlothpark geleë en bied 'n selfsorghuis vir 'n gesin of groep van 8 gaste. WilruWilthu het slaapplek vir 6 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n sitarea. Elkeen van die slaapkamers het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens en daar is 'n kinderbed vir 2 kinders beskikbaar in die sitarea. Die kamers deel die gebruik van die
badkamers, wat storte en toilette het. Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en ysmasjien is ook beskikbaar. Maaltye kan by die etenstafel geniet word en gaste kan in die sitarea ontspan voor die TV met 'n hardeskyf vol flieks. Die huis het nie DStv of WiFi nie, maar goeie selfoonopvangs is beskikbaar vir alle netwerke. Gaste kan in die whirlpool bath ontspan en die buitebraaigeriewe benut. Skaduparkeerplek is ook beskikbaar. Die huis het 'n sekuriteitstelsel en alhoewel krag deur Eskom voorsien word, is noodligte en 'n watertenk beskikbaar vir noodgevalle. 'n Skoonmaakdiens is beskikbaar op versoek en teen addisionele koste. WilruWilthu is net 950 m van 2 winkelsentrums vir basiese behoeftes, 'n drankwinkel, restaurant, bakkery, snuisterywinkel, 'n slaghuis en vulstasie af. Gaste wat Marlothpark besoek sal die geleentheid kry om 'n verskeidenheid vrylopende wild en baie voëls te sien en kan heerlik gaan fietsry of stap.